troukoors_wen_merk_die_datum_ontwerp_vir_troue_1
Creatvive Heroes spesialiseer in die ontwerp van doelgemaakte items vir elke troue en een gelukkige paartjie kan ’n gratis merk-die-datum-ontwerp vir hulle troue wen. Lees verder om te sien hoe.

ERWS-BANNER-20-96x14————————————————————————————-

troukoors_wen_merk_die_datum_ontwerp_vir_troue_2

Merk-die-datum-kaartjies is deesdae baie gewild en byna geen paartjie stuur dit nie voor die amptelike uitnodigings uit nie. Maar is dit regtig nodig of is dit iets waarsonder julle troue kan klaarkom? Hier is vyf redes hoekom dit ’n goeie idee is:

1. MAAK SEKER JOU GASTE REËL NIKS ANDERS VIR JOU TROUDAG NIE: As jy maande vooruit almal in kennis stel wanneer jy beplan om te trou, gaan meer mense die groot dag kan bywoon omdat hulle dit lank voor die tyd op hulle kalenders kan aanteken en die datum kan oophou.

2. MAAK SEKER DAT GASTE WAT VAN VER AF KOM SOLANK VERBLYF SOEK: Jou merk-die-datum-kaartjies dui gewoonlik aan in watter area die troue gaan plaasvind, sodat gaste solank kan begin soek vir blyplek en selfs kan begin spaar om dit te bekostig om oor te slaap. Tye is duur en moeilik, so mense het meer tyd nodig om te begroot en te beplan.

3. KONDIG DIE STYL VAN JOU TROUE AAN: Jou merk-die-datum-kaartjies pas gewoonlik by dit wat gaan volg en waarsku gaste dus vooraf watter tipe troue julle gaan hê. Dalk gaan dit ’n piekniektroue wees en dames kan dus solank soek vir mooi plat skoene om by die geleentheid te pas.

4. SPOG MET JULLE VERLOWINGSFOTO’S: Merk-die-datum-kaartjies is die ideale manier om te spog met die mooi verlowingsfoto’s wat julle laat neem het.

5. MAAK SEKER DIE BESONDERHEDE VAN DIE GROOT DAG BEREIK ALMAL: As julle besluit op digitale merk-die-datum-kaartjies sal julle datum en beplanning almal ten minste betyds bereik, al is die posdiens onbetroubaar. As gaste dan nie weer van julle hoor nie, sal hulle tien-teen-een vra wat gaan vir wat as die tyd nader kom.

OORWEEG CREATIVE HEROES VIR JOU TROUSKRYFBEHOEFTES
Creative Heroes verpersoonlik trouskryfbehoeftes en is mal oor mooi goedjies wat ’n kreatiewe aanslag het. Skryfbehoeftes word volgens kliënte se persoonlike behoeftes ontwerp en hulle sal seker maak dat alles – van die merk-die-datum-uitnodigings tot die dankiekaartjies op die tafels – by jou funksie se dekor en tema inpas. Skryfbehoeftes word op ’n wye verskeidenheid papier gedruk en hulle maak ook gebruik van verskillende tipes drukmetodes – wat wissel van drukpers (letterpress), foeliedruk (foiling), bosselering (embossing) en fyn afwerkings soos lasersnywerk (laser cutting).
Vir meer inligting, skakel 079 492 2532, stuur ’n e-pos na nadia@creativeheroes.co.za of besoek hulle webblad.

WEN!
Een gelukkige paartjie staan ’n kans om ’n gratis, doelgemaakte, digitale merk-die-datum-ontwerp te wen ter waarde van R900! Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is:
* LIKE en SHARE hierdie inskrywing op Facebook;
* LIKE Creative Heroes se Facebook-blad;
* Deel julle troudatum in die kommentaarblokkie onder die inskrywing op Facebook.

Foto’s: Creative Heroes

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA