Steve Hofmeyr se country CD, If you could read my mind, het binne ’n paar dae nadat dit vrygestel is goue status bereik. Een gelukkige leser kan hierdie CD wen. Lees verder om uit te vind hoe.
Steve Hofmeyr het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hy is ’n Afrikaanse musieklegende wat diep spore in ons taal en kultuur kom trap het – nie net as sanger nie, maar ook as akteur, skrywer, digter en kampvegter vir Afrikaans. Steve het al baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, van albums met multiplatinumverkope (en treffers wat gereeld oor die radio en by troues regoor die land gehoor kan word) en topverkoperboeke, tot suksesvolle televisiereekse, geselsprogramme, flieks en uitverkoopte konserte regoor die wêreld.
Danksy ’n liedjieboek, met meer as 200 oorspronklike liedjies, kon Hofmeyr regdeur sy ryk loopbaan kwalteitwerk lewer, verhoudings bou en kritici verkeerd bewys. As akteur, suksesvolle skrywer, televisiepersoonlikheid en dikwels omstrede sosialemedia-kommentator, het hy nog altyd intens daarop gefokus om stories te vertel deur musiek, wat aanklank vind by kultuurbewustes én by diegene wat bloot die ritme van drie en ’n half minute se pret wil voel. “Ons fragmenteer die oomblik,” sê hy. “My liedjies wys iets van die dinamiek van Afrikaans, en die lekkerste deel van kultuur is dat dit nie gereguleer kan word nie.”
Steve het oor die jare ’n musikale monument vir klassieke pop geword en ry steeds op die golf van daardie sukses. “Ek het ’n bietjie van my waagmoed om te eksperimenteer afgeskud,” vertel hy egter. “Ek het nooit daarop aanspraak gemaak dat ek ’n grootse musikant is nie, maar op liriese vlak was ek dit nog altyd, en ek bring steeds my kant.”
Sy nuutste CD, If you could read my mind, is ’n country album waarin hy hulde bring aan al die groot country sterre van die hede en verlede. Die CD was van die begin af ’n reuse sukses en het binne die eerte paar dae na vrystelling goue status bereik. Dit is iets wat hy nog altyd wou doen en die projek lê hom baie na aan die hart. Die CD bevat onder andere treffers oos Have you ever seen the rain, Rhinestone Cowboy, Cry to me en vele meer. Dis ’n lekkerluister-CD wat jou nostaligies sal laat saamsing.
Steve Hofmeyr is meer as net ’n musikale instelling – hy is ’n handelsmerk met 28 jaar se momentum om hom te help om nog meer sukses in die volgende 52 jaar van sy lewe te bereik.
WEN!
Een gelukkige leser staan ’n kans om Steve Hofmeyr se CD, If you could read my mind, te wen. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om die inskrywing te LIKE en SHARE en ook Steve se Facebook-blad te gaan LIKE.
Foto: Jacques (Jay Loots) Fathom Media