Vaughan Gardiner se CD, Sit vanaand op herhaal, is ’n treffer onder diegene wat hou van sielsmusiek. Een gelukkige leser kan hierdie CD wen. Lees verder om uit te vind hoe.
Vaughan Gardiner se musiek was van die begin af ’n treffer onder elkeen wat ’n oor het vir hartsmusiek en dit is daarom nie vreemd dat sy liedjie, Bou Aan Liefde, gebruik is as temalied van die inspirerende fliek, Uitvlucht, nie. Die fliek begin vandag by teaters regoor die land wys.
Dit is ook nie die eerste keer wat sy musiek ’n draai maak op die grootskerm nie en hyself is ook al op die kassie gesien in onder andere, Jock of the Bushveld, die Deon Meyer-drama, Hartland, die fliek, Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Liani May, Karlien van Jaarsveld en Jay en nog vele meer.
Hy skryf ook liedjies vir sangers soos Steve Hofmeyer, Karlien van Jaarsveld, Liani May, Bok van Blerk en baie ander en was in 2013 die musiekvervaardiger van die tienerreeks Liefste Kayla.
Sit vanaand op herhaal is in 2015 bekendgestel en die enkelsnit met dieselfde naam was vanaf die bekendstelling vir weke lank onder die Top 10-liedjies in die land op radiostasies soos Radio Helderberg, Maroela Media, Suid-Kaap Fm, Overvaal Stereo, Bok Radio en baie ander. Die CD sluit ’n duet in met sanggroep, ADAM, genaamd Wat nou?, asook die bonussnit, Daai Liefde.
Vaughan se musiek is beslis ideaal as agtergrondmusiek, instapmusiek of eerstedansmusiek vir enige troue en ’n aanwins vir enige musiekliefhebber se CD-versameling.
WEN!
Een gelukkige leser staan ’n kans om Vaughan Gardiner se CD, Sit vanaand op herhaal, te wen. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om die inskrywing te LIKE en SHARE en ook Vaughan se Facebook-blad te gaan LIKE.