Wenkbroue omraam die vensters van jou siel en op jou troudag is jou hart en siel mos juis in jou oë. Gina van Staden gee 5 stappe vir trouperfekte wenkbroue op jou mooiste dag.
Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/
Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za
Tensy jy in Spanje trou is daar gee rede dat jou wenkbroue soos dié van Frida Kahlo s’n hoef te lyk nie. Met Real Techniqes se Brow Kit (en die 5 stappe hieronder) sal jy jou wenkbroue sommer in ʼn japtrap van bosserig na netjies transformeer.
STAP 1 – VORM
Die beginpunt van jou wenkbroue moet in lyn wees met die brug van jou neus. Hou jou oogpotlood in ʼn vertikale posisie langs jou neus en vorm ʼn 90 grade hoek gelykstaande met die middel van jou oog. Die boog van jou wenkbrou moet by die driekwart posisie tussen die begin- en eindpunt van jou natuurlike ooglyn wees.
Kleur jou wenkbrou liggies in om oor-pluk te voorkom. Dan gebruik jy die Real Techniques Angled Tweezer om teen haarworteltjies aan die buitekant van jou ingekleurde wenkboulyn te pluk.
STAP 2 – FYN DETAIL
Gebruik die Real Techniques Detailing Tweezer om die fyner haartjies rondom die wenkbroulyn te pluk. Tensy jy nie ʼn professionele deskundige is nie, moet jy net onder die wenkbroulyn pluk, en nie bo ook nie.
STAP 3 – WENKBROU SE INSTANDHOUDING
Kam jou wenkbroue opwaarts met die Real Techniques Slanted Brow Spool sodat jy kan sien of daar haartjies is wat aansienlik ver oor die boonste wenkbroulyn steek. Indien wel, gebruik ʼn klein skêrtjie om dit netjies in lyn te knip – maar knip baie spaarsamig.
STAP 4 – DEFINISIE
Die Real Techniques Slanted Arch Definer kwassie gebruik jy om die produk wat jy gebruik het om jou wenkbroue mee in te kleur, te smeer vir die perfekte afronding.
STAP 5 – WENKBROU AFWERKING
Indien daar nog enige oop gaatjies in jou wenkbroue is, gebruik die Real Techniques Slanted Brow Brush om die laaste bietjie produk in te sit. Hierde kwassie se skuins kant help om wenkbrouhoeke perfek te vul.
Om te verseker dat jou wenkbroue trouperfek bly, sit ʼn bietjie haarsproei of haarjel aan hierdie kwassie en kam vinnig deur jou wenkbroue. Só sal jou trouperfekte wenkbroue heeldag in plek bly.
Die Real Techniques Brow Set word verpak in ʼn dubbedoelige kissie – nie net hou dit jou kwassies netjies bymekaar nie, maar dien ook as ʼn staander terwyl jy jou wenkbroue vorm. Wanneer jy jou kwassies met ʼn klein bietjie sjampoe was, kan jy dit net onderstebo in die kissie hang – en siedaar!
WEN!
Staan ’n kans om ’n Real Techniques Brow Set, ter waarde van R300, te wen! Al wat jy hoef te doen is:
* LIKE Real Techniques se blad op Facebook; en
* LIKE en SHARE die inskrywing met jou vriende op Facebook.
Die wenner sal op 14 November 2016 aangekondig word.
Foto’s: TLH; Styles Gap