Wintertroues is nou ’n realiteit en dit is soms moeilik om die finale afronding vir jou groot dag te finaliseer. Christell du Preez van The Peachy Peony het hierdie idees raakgeloop.

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Wintertroues is deesdae gewild omdat dit goedkoper is om die knoop in kouer maande deur te haak. Ons het op Pinterest gaan snuffel om te sien watter idees hierdie winter gewild is wanneer dit kom by die fyner detail van jou mooiste dag.

’N PAMPOEN VIR JOU SPROKIESTROUE
Wintertroues herinner ’n mens nogal aan sprokies. Miskien is dit Frozen se skuld of dalk is die idee van sneeuvlokkies net betowerend. Gebruik ’n pampoen, wat jy oorgeverf het, as jou koevertehouer tydens die onthaal.

IETS SNOESIG VIR DIE BENE
Dit is ’n oulike idee om vir gaste komberse te gee om hulle warm te hou. Maak ’n oulike bord en sit opgerolde vleeskombersies in ’n mandjie vir gaste om te gebruik. Dit maak nie net ’n mooi foto nie, maar as jy jou monogram daarop laat borduur, kan dit ook dien as dankiegeskenkies – ideaal en eie aan wintertroues.

SJOKOLADE VIR DIE SIEL
Bederf jou gaste met ’n warmsjokoladekroegie. Sit verskillende geure voor om aan almal se behoeftes te voorsien. Bedien dit saam met malvalekkers en varsgebakte beskuit.


WINTERTROUES MET NATUURELEMENTE
Nooi die natuur in en gebruik elemente soos herfsblare en dennebolle as deel van jou dekor en versierings.

KIES DIE REGTE KLEURSKEMA
Dit help nie jy gebruik somerskleure vir wintertroues nie. Kies warm, snoesige kleure om in te skakel by herfs en aardse temas. Kies ysige bloue, gryse, wit en kristal vir ’n meer betowerende tema.

Wintertroues kan pragtig lyk en groot pret wees. Jy moet net deeglik beplan. Vir nog winter-idees, volg ons Pinterest en Instagram.

Hooffoto: Green Wedding Shoes
Foto’s: Something Turquoise; Brit & Co.; Stonewood Vintage; Happy Wed; Bridal Musings; Elegant Wedding Invites

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA