12 dae van Kersfees
Dit is amper Kersfees en Troukoors en Bergbruidjie wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.

Welkom by 12 dae van Kersfees! Troukoos, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.

Vandag se weggee is saam met Bergbruidjie. As jy vandag inskryf, kan jy die volgende geskenke wen:
1 x Rosegold T-hemp vir die bruid; en
2 x pleksiglas-aanhalings

Bergbruidjie is nostalgies oor die liefde, raak vreeslik geïnspireerd as troukoors in die lug hang en raak saam opgewonde oor verliefdes se planne… dan gaan sy oor tot aksie en laat jou idees vlerke kry! Hulle is in die Wes-Kaap geleë, maar pos na enige provinsie toe. Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting.

12 dae van Kersfees Bergbruidjie

SO SKRYF JY IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE BERGBRUIDJIE SE FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.

TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosieshare, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal elke dag om 17:00 gekies en aangekondig word op Troukoors en die betrokke diensverskaffer se sosiale media-platvorms. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA