2015 se warmste kleure
Claire Bond van Plascon verklap wat die gewildste kleure in 2015 gaan wees om jou huis mee te versier. Maak seker dat julle nuwe nessie sprankel met ’n nuwe lagie verf voordat julle in trek.

2015 se warmste kleure2

Die troue is gereël en dit is nog net julle nuwe nessie wat ’n bietjie opgeknap moet word. En alhoewel jou begroting nou knap is, is dit moontlik om sommer dadelik ’n groot verskil te sien – want niks laat ’n plek so nuut en anders lyk soos ’n nuwe lagie verf nie.

Ons het gaan uitvind watter kleure die gewildste gaan wees hierdie somer, sodat jy sommer van die begin af in pas kan wees met die jongste tendense.

WATTER KLEURE GAAN DIE GEWILDSTE WEES IN SOMER 2015?
’n Mengsel van ligte pastelkleure gaan steeds gewild wees, maar daar gaan ook ’n aanvraag wees vir sterk aardse kleure soos ryk organiese blaargroen. Blou sal ook oral in spatsels te sien wees en sal wissel tussen ligte poeierblou tot donker en gewaagde skakerings. Helder oranje, blou, groen en rooi sal gebruik word om ’n bietjie opwinding aan vertrekke en kleurskemas te verleen. Koper sal ook as aksentkleur gebruik word op mure en ligte.

WAT WAS DIE INSPIRASIE AGTER DIE KLEURE?
Ons kleurbestuurder, Anne Roselt, reis deur die wêreld en het ’n vennootskap aangegaan met Global Colour Research™ – die kenners agter Mix-tydskrif wat ’n gesaghebbende bron is wanneer dit kom by kleur- en ontwerptendense. Ons kyk na wat in die wêreld gebeur en hoe mense hulle self uitdruk in die vorm van kuns, teater, mode en tegnologie, want dit verklap watter kleure gewild gaan wees in die toekoms.

WATTER INVLOED HET KLEUR OP ONS LEWENS?
Kleur het energie wat ons almal affekteer. Dit het ’n sterk invloed op die brein en beïnvloed sodoende die manier waarop ons reageer – op ’n emosionele en fisiese vlak..

ROOI is warm en stimulerende kleur – gebruik dit dus op ’n plek waar jy ’n statement wil maak – soos in die gang, eetkamer of sitkamer. Dit sal hierdie areas meer intiem laat vertoon.

ORANJE is ’n verwelkomende, energieke kleur wat goed lyk in ’n kombuis met donkerhout kaste.

GEEL is lewendig en gesellig. Afhangende van die skakering, sal dit baie goed werk om jou spaarkamer meer gesellig te laat vertoon, terwyl heldergeel as aksentkleur gebruik kan word om ’n vertrek op te vrolik.

GROEN verleen kalmte en balans aan enige vertrek waarin die gebruik word.

BLOU is ’n wat jou sal laat ontspan en ligte skakerings sal dus goed werk in die slaapkamer.

PERS is ’n lewendige kleur. Gebruik dit om ’n vertrek gesofistikeerd, luuks en geheimsinnig te vertoon.

WIT herstel die balans en is ’n vreedsame kleur.

WATTER TWEE 2015-KLEURE KAN GEKOMBINEER WORD VIR ’N MOOI EFFEK?
(Plascon Forecast Colour Stone Cold B3-C1-3) saam met ’n beige-grys (Cement Wash Y1-E2-2). Hierdie kombinasie skep ’n rustige en gerustellende atmosfeer.

WATTER PRODUKTE HET DEUR DIE JARE GEWILD GEBLY?
Double Velvet het ’n fluweelagtige tekstuur en glans wat luuks vertoon in enige vertrek. Dit is loodvry en is daarom ook gewild vir slaap- en babakamers. Cashmere het ’n matafwerking, maar ook al die goeie eienskappe van Double Velvet. Dit is die ideale bedekking om foute en slegte pleisterwerk mee weg te steek.

WATTER 2015-KLEURE IS TYDLOOS EN GAAN VIR LANGER GEWILD BLY?
Die donkerder skakerings van wit (Dried Leaf EC 25) is tydloos en kan met baie kleure soos blou (Moody Blue EC 108) gekombineer word. Geel (Yellow Ribbon Y5-A2-1 ) is ook ’n tydlose kleur, en alhoewel dit die afgelope paar jaar nie so gewild was nie, is dit besig om ’n terugkeer te maak.

2015 se warmste kleure 3

WATTER 2015-KLEURE SAL DIE BESTE WERK VIR DIE VOLGENDE VERTREKKE?
SITKAMER
Skakerings van grys is gesofistikeerd en kan met ander kleure gekombineer word. Probeer (Off Shore EC 50).

SLAAPKAMER
Sagter kleure help om die liggaam te laat ontspan na ’n stresvolle dag by die werk. Probeer (He Loves Me
Y2-B2-1) om ’n sagte vroulike atmosfeer te skep of dalk liggrys of –groen soos (Bleached Meadow Y7-E2-3).

KOMBUIS
(Dried Leaf EC 25) pas by enigiets en sal werk saam met enige ander kleur.

BADKAMER
(Sparkling Water G6-B2-2) is ’n vars en verfrissende blou-groen wat ideaal is vir die badkamer.

HOE KIES JY DIE PERFEKTE KLEURE VIR JOU NUWE NESSIE?

  1. Die beligting in jou huis gaan ’n baie belangrike rol speel in hoe ’n kleur sal vertoon. Kies ’n kleur waarvan jy hou en koop so ’n liter daarvan om op die doelmuur te probeer. Verf met ’n roller ’n dubbellaag op ’n redelike oppervlakte en kyk hoe dit vertoon.
  2. Maak seker dat jy ’n toetsarea in die son en in die skadu verf sodat jy seker kan wees van die effek.
  3. Kyk na jou vloerbedekking. Dit sal vir jou ’n goeie aanduiding gee van wat glad nie teen die muur sal werk nie en wat wel sal.
  4. ’n Effense ligter skakering van jou vloerkleur werk gewoonlik baie goed.

As jy dalk ’n bietjie meer raad nodig het, stuur ’n e-pos na bookings@spaces.co.za sodat ’n kleuragent jou kan help met kleur- en produkopsies.
Besoek hulle webblad vir meer inligting.

Foto’s verskaf deur Plascon.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA