natuurlike troue in die bos1
Jean en Lizelle was sommer met die eerste oogopslag verlief en toe hulle na nege jaar se saamwees uiteindelik die knoop deurhaak, wou hulle dit vier met ’n troue in die buitelug.

natuurlike troue in die bos2

Jean en Lizelle is baie gemaklike mense, wat al die wêreld deur gereis het, en mal is oor die natuur. Dit is hoekom hulle besluit het op ’n eko-vriendelike troue in die bos, met soveel as moontlik natuurlike elemente.

HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
“Koos Kombuis se liedjie Lente in die Boland beskryf ons liefdesverhaal baie goed. Dit het in die hartjie van Stellenbosch begin en was liefde met eerste oogopslag. Ons het elke donderdag aand by die ouens Desperate Housewives gaan kyk, en nie soseer vir die storie nie, maar om in mekaar se geselskap te wees. Hy het twee jaar langer opgeoffer om in Stellenbosch te bly toe hy klaar geswot het, sodat ek my studies kon klaarmaak, waarna ons oorsee gaan werk het – dit het op die Super Yachts in Spanje begin, en vadag het ons reeds in 35 lande gekuier. Na nege jaar saam, het ons in die mooiste land getrou en gaan onsself hierdie jaar in die Tuinroete vestig waar ons ’n restaurant gaan begin.”

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA?
“Ek was in St. Marteen en hy in Costa Rica. Ons was op verskillende bote. Ons het gereeld na mekaar toe gevlieg en ’n naweek op ’n eksotiese plek spandeer, of in die bos saam met baie muskiete. Waarookal ons kon saam wees. Hy het vir my ’n kaartjie gestuur om by hom te kom kuier. Die aand by die gastehuis, het hy gesê: “Jy is laat, gaan stort, haal jou rokkie uit ek stryk dit solank vir jou. Ons gaan vir ete…” Op die heuwel wat oor die hele Costa Rica uitkyk, voor ’n groot buitevuur met ’n persoonlike tafel, net ek en hy, het hy die groot vraag gevra. Voor hy my ampelik gevra het, het ons vier maande saam in Nieu-Seeland spandeer, waar hy een aand om die vuur vir my gevra het of ek dink ons is reg vir trou? Ons het begin praat oor waarvan ons sal hou en ook na ringe op die internet gekyk. Hy het van my idees gestoor en my ring laat ontwerp presies soos ek dit wou gehad het.”

natuurlike troue in die bos3

VERTEL ONS MEER VAN JULLE TROUBEPLANNING?
“Ons het begin by die venue, as jy ’n venue het sal jy weet wat jy ekstra moet bykry en wat reeds daar is. Beloftebos was ons eerste keuse, ons het binne ’n uur daarop belsuit. Ons is mal oor die natuur en met die groen agtergrond van bome en gras, met mooi vuurherte, was dit maklik om enige kleur in te bring. Ons wou nie die venue verander in iets fake nie, ons het dit natuurlik gehou. Al die blomme, plante, hooibale, houttafels en dekor was rustiek. Ek het alles gekies wat vir my bymekaar gepas het sonder om te clutter. Omdat ek ’n sjef is, het ons groente en vrugte en blomme in die dekor geinkorporeer, inplaas van ’n blom sou daar ’n kool gewees het of ’n tamatie of selfs duiwe. Ons het ook die reistema ingebring deur landkaarte as die tafelplan te gebruik. Al ons produkte was in-seisoen en het ons gehelp om geld te spaar. Ons het self gaan blomme pluk op vriende se plase”.

HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE?
“Ons het 15 minute saam aleen tyd spandeer voor ons in die tent in gegaan het vir die onthaal. Nie eers die fotograwe was by ons nie, Ons was aleen vir die eerste keer en laaste keer vir die hele dag as man en vrou. Doen dit, dis kosbaar en julle sal dit altyd onthou.”

HET JULLE ENIGIETS SELF GEDOEN VIR DIE TROUE?
“Ja ons het tuisgemaakte konfyt vir die dames en tuisgemaakte vuuraanstekers vir die mans gegee as geskenke. My vriendin het die bottel-etikette gemaak en ons het self die rigtingaanwysers en spyskaarte gemaak. One het dit teen ’n goeie prys gekry en het dit al die pad saam met ons gevlieg. Ons het foto’s teen al die bome en oral gehad van ons toere wat in Outydste rame geplaas is. Dis ook goed om aanlyn-uitnodigings te maak. Jy spaar baie geld en kan ook tred hou van alles – wie gaan opdaag, tot wie wat eet en dit is ook eko-vriendelik”.

natuurlike troue in die bos4

DIENSVERSKAFFERS
Venue en dekor: Beloftebos, Paardeberg Farm
Koördineerder: Danica Steyn
Kos en drankies: Corneli van Beloftebos
Blomme: Floral Art; liezlkotzefloralart@gmail.com
Verhurings: Kadou
Skryfbehoeftes: Greenvelope
Fotograaf: Justin Davis Photography
Videograaf: This is Epitome
Musiek: Silk Music
Vermaak: Gerald Clark
Trourok: Balart Núvies
Hare en grimering: Marnel Toerien
Bruidegom se klere: Hugo Boss

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA