liefde_met_die_eerste_afspraak_1
Werner en Rozaan se liefde het van hulle eerste afspraak af geblom en hulle het die hoogtepunt van hul liefde gevier in vintage-styl met proteas en pastelkleure.

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

liefde_met_die_eerste_afspraak_2

Die dag wat Rozaan vir Werner moes ontmoet, omdat hulle saam na gemeenskaplike vriende se troue toe moes ry, het sy min geweet dat hierdie skaam man haar voete vir altyd onder haar sou uitslaan. Op die einde van die dag het hulle vriende nooit getrou nie, maar hulle liefde het gegroei en so het hulle uiteindelik voor die kansel beland.

Na ’n baie romantiese dag, vol sjampanje, lekkernye en verrassings, het Werner die groot vraag gevra en hulle het sommer dadelik beplan aan die troue wat elf maande later sou plaasvind. “Ons het eerste op ’n venue besluit sodat ons ’n datum kon vasmaak. Daarna het ons besluit op ’n vintage tema met pastelkleure om by die wynplaas-gevoel te pas. Ons wou ’n romantiese atmosfeer skep, wat gerieflik genoeg is sodat almal lekker kan kuier en ontspan,” vertel Rozaan.

liefde_met_die_eerste_afspraak_3

Rozaan se raad aan bruide is om net die dag te geniet en nie oor klein goedjies te stres nie. Sy het nie en alles het perfek uitgewerk op die dag. Die eindresultaat was voorwaar pragtig.

liefde_met_die_eerste_afspraak_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Mountain Shadows
Kos: Laura Truter Catering
Blomme: To-Netts
Dekor: My Pretty Vintage
Skryfbehoeftes: Hayley Coulson
Foto’s: Lucille Scheepers Photography
Video: Moments2Media
Trourok: Weddings by Design (Maggie Sotero)
Hare en grimering: Mia’s Make-Up
Bruidegom se klere: Edgars

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA