liefde in die wynland 1
Met Carli en Wimpie se troue het die twee families hulle kreatiewe staal gewys en self hierdie pragtige troue in die wynlande aanmekaar gesit. Elke aspek was eg en eie aan hulle liefde.

liefde in die wynland 2

Die twee het mekaar gedurende ʼn Desembervakansie op Jongensfontein se strand ontmoet, dit na jare wat hulle al op die dieselfde strand baljaar sonder om mekaar raak te loop. “Die dae het uit gesels, swem, sonbaai, dans en visvang bestaan sonder enige fisiese verhouding. Ek was die eerste meisie wat Wimpie huis toe gevat en aan sy ma voorgestel het. Ons albei het geweet dit is nie net ʼn vakansieromans nie en Wimpie het die verhouding van die begin af gekoester.” Hy het haar 2 maande later, op ʼn perfekte volmaanaand (op Jongensfontein se strand), uitgevra. Vyf jaar later vra hy die ja-woord (op sy knie in die vlakwater) by hulle geheime plek teen Stilbaai se kus met ʼn selfontwerpte ring.
 
WAT IS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN DIE TROUE EN WAAROM HET JULLE DIT GEKIES?
“Ons het nie vooropgestelde idees gehad rondom kleurskemas en temas nie. Ons het wel besluit hout, groen, glas en koper moet die sleutelelemente wees. Die venue was ons riglyn vir die effek wat ons wou skep by ons troue. Ek wou graag gehad het mense moes by die troue aankom en weet dit is Wimpie en Carli se troue.”

WATTER ATMOSFEER WOU JULLE GRAAG SKEP EN HOEKOM?
“Ons wou ʼn rustige en ontspanne atmosfeer hê omdat dit is wie ons is. Almal moes heeltemal op hul gemak wees, lekker kon kuier en hulself geniet.”

WATTER DOEN-DIT-SELF ASPEKTE WAS BETROKKE BY JULLE TROUE?
“Byna alles van ons troue was self gedoen. Die dankiegeskenkies (lekkergoedpakkies) het ons grootmaat aangekoop en die strooimeisies het dit help maak. My ma en tannie het die strooimeisie rokke gemaak en vir die dekor ek het al die Eucolyptus blare en kerse aangekoop. Die res van die fynbos en takke asook die kranse het my skoonsus, Emre Hauman, by haar skoonma op die plaas in Caledon gaan pluk. Die hout borde het Wimpie uit afval hout aanmekaar gesit en ek en my suster en ma het dit geverf. Die kussings by die drankiearea het ons self gemaak en die glasbotteltjies het ons orals geleen en koper gespuitverf. Ons het regtig verskriklik baie gespaar deur vriende en familie wat ingespring en gehelp het.”

liefde in die wynland 3

WATTER RAAD HET JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
* Moenie al die troureëlings so ernstig op te neem nie.
* As daar ʼn foutjie/probleem kom, haal asem en hanteer dit en moenie dat dit jou vreugde steel en jy vergeet waaroor die dag eintlik gaan nie. Soos my skoonma sê, solank jy lief is vir die man wat daar voor staan (en hy vir jou) en jy goed voel oor jouself, maak niks anders saak nie.
* As jy op dieselfde dag trou as ʼn groot gebeurtenis, werk saam met dit en nie teen dit nie. Dit keer dat jou gaste nie die venue verlaat en laat opdaag vir die onthaal nie. Ons troue was op die semi-finaal van die Wêreldbeker Rugby en SA het gespeel. Tydens die voorafdrankies, terwyl ek en Wimpie foto’s gaan neem het, het ons gereël dat daar ʼn TV is sodat die manne lekker kon kuier en rugby kyk.
* Maak tyd om alles in te neem en mekaar te waardeer.
* Stel van dag een af ʼn begroting op en doen dingetjies self om geld te spaar.

liefde in die wynland 4

DIENSVERSKAFFERS

Venue: Montpellier de Tulbagh

Spyseniering: Malita Joubert Spyseniering

Dekor en blomme: Emre Hauman & Annatjie Louw

Ruikers: Shani Krige

Skryfbehoeftes: Emre Hauman

Musiek: Nico van Mr Music Mobile Disco

Fotograaf: Alice Swan Photography

Hare en grimering: Elana Hugo from Tittewyt Hair & Make up

Bruid se haarstuk: Aartsappel

Trourok: Juanri Image Consultant & Fashion Designer

Bruidegom se uitrusting: Zara

 

Artikel: Yolande van Deventer

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA