sprokiestroue
Hermann en Sone se sprokiestroue is amper gekelder deur ’n motorfietsongeluk, maar die liefde is ontembaar en Herman het met armhangverband en al trou beloof aan Sone.
sprokiestroue_1

Sone het opgewonde beplan aan haar sprokiestroue en min het sy geweet dat dit amper nie sou plaasvind nie, maar gelukkig het alles toe uitgewerk presies soos wat dit moes.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Hermann het my een aand by ’n funksie in Swartwater gesien, en het my die volgende dag my op Facebook bevriend het. Ons het van daar af begin gesels en by mekaar gekuier. Min het ons geweet dat ons nog al die jare net 40km van mekaar af, op ons verskeie plase, grootgeword het.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Hy het my gevra om te trou tydens ’n naweek by Ebenezer dam, waar ons naby ’n waterval piekniek gehou het, met ons gunstelingliedjie in die agtergrond. Ons was vir 8 maande verloof voor die dag van ons sprokiestroue.”

HOE HET JY JOU SPROKIESTROUE BEPLAN?
“Ek het ’n lysie gemaak van alles wat gedoen moes word en als betyds bestel en laat maak. Die stunning venue, Bordauex Game Farm, was die perfekte keuse omdat dit net 30km van ons af is. Ek het ook van die begin af al geweet dat ek mint en koraal as my kleurskema by my troue wou hê.”
sprokiestroue_2

VERTEL ONS MEER VAN DIE ONGELUK VOOR DIE SPROKIESTROUE?
“’n Week voor die troue het Hermann met ’n motorfiets geval toe ’n vlakvark voor hom ingehardloop het. Die Dinsdag voor die troue het hy ’n skoueroperasie gehad. Hy moes ’n armhangeverband dra, wat hy darem kon afhaal vir die fotosessies.”

HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE WAT HULLE SPROKIESTROUE BEPLAN?
“Kry die klein goedjies eerste uit die pad, sodat jy later op die belangriker dinge van jou troue kan fokus. Geniet net jou groot dag – dit gaan so vinnig verby. Ontspan en neem baie foto’s!”

Al was die bruid so ’n bietjie senuweeagtig op hul groot dag, het hierdie sosiale plaasjapies se troue ’n jollige atmosfeer gehad.

DIENSVERSKAFFERS:
Venue en spyseniering: Bordeaux Game Farm
Blomme, dekor en verhurings: Dreamweddings
Skryfbehoeftes: Bakgat Ontwerp, Droomontwerpe, Fraai Meraai, Bergbruidjie, Help-ʾn-Bruidjie
Fotograaf: Charl van der Merwe Photography
Videograaf: JPB Medai
Trourok: Erica Mengouchi
Hare en grimering: Angelique Makeup & Hair
Bruidegom se uitrusting: Black Tie

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor wat jy teen spesiale afslag kan koop! Maak sommer nou dadelik (betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemming). Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA