Kleurskema speel ’n baie belangrike rol op jou groot dag. Odelya Streicher van Dinlya – Decor, Gifts, Teagarden and Venue (ook die bruid) deel met ons hoe sy ’n unieke kleurskema gebruik het om ’n super romantiese atmosfeer te skep by hulle troue.
Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor om aanlyn te bestel! Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemmings.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.
————————————————————————————
Die kleurskema wat jy kies vir jou troudag, speel ’n belangrike rol want dit bepaal wat die atmosfeer en eindresultaat gaan wees. Ons het gaan uitvind hoe ’n kenner te werk gegaan het om ’n romantiese atmosfeer op haar troudag te skep.
HOE HET JULLE ONTMOET EN HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Ons het deur vriende ontmoet. Dit het aanvanklik begin as ’n haat-liefde verhouding, maar na die tweede keer wat ons mekaar gesien het, het die res geskiedenis geword. Ons het gaan sterre-kyk in Maropeng, en toe ons terugkeer na hul luukse tente, was dit vol rose en kerse, waar hy my toe gevra het om te trou.”
WAS DAAR UITDAGINGS MET HIERDIE TROUEBEPLANNING EN KIES VAN DIE KLEURSKEMA?
“Ek is ’n bruid wat al van kleins af geweet het wat ek wou hê. Omdat ons (ek en my ma) Dinlya besit, was dit maklik vir my om die beplanning te doen.”
WATTER KLEURSKEMA HET JY VIR HIERDIE ROMANTIESE TROUE GEBRUIK?
“Ons vier die liefde en wou ’n sagte, romantiese atmosfeer skep en daarom het ons roosgoud, perske-pienk, silwer, ligbou en wit gebruik.”
WATTER TIPE GEVOEL HET JY PROBEER SKEP VIR JOU ROMANTIESE TROUE?
“Ons het gegaan vir ’n romantiese gevoel met sonsondergang op die water – om ’n amper ’n gevoel soos in die fliek, The Notebook, te skep. Die kleurskema het perfek daarby gepas.”
HOE HET JULLE BESLUIT OP DIE DEKOR EN BLOMME?
“Dit is my gunstelingblomme en is baie romanties – dus het dit perfek ingepas by die tema en kleurskema.”
WATTER KLEURE HET JY IN JOU KLEURSKEMA GEBRUIK, WAT HUIDIGLIK ’N TENDENS IS?
“Roosgoud – beslis baie populêr op die oomblik.”
HET JY RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Ja, besluit vroegtydig op ’n begroting en maak dan seker dat julle binne daai begroting bly. Spandeer dan die geld op die heel belangrikse dinge vir jou troudag.”
Troues is sinoniem met romanse, en om ’n kleurskema te kies wat ’n bietjie ‘uit die boks’ is, kan die bruid se spesiale dag net sóveel meer onthoubaar maak.
DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Toadbury Hall Country Hotel
Dekor en Blomme: Dinlya Gifts, Decor and Tea Garden
Fotograaf: Susan du Toit Photography
Grimering: La Rouchelle’s Make-up and Nail Studio
Artikel: Gina van Staden