plaastroue
’n Plaastroue was wat Frikkie en Anzel Strydom van die begin af op hulle spesiale dag wou hê. Ons het bietjie meer gaan uitvind oor hierdie paartjie se liefdesfees.

————————————————————————————

ONS HET WEER 50 EKSEMPLARE VAN GRETHA WIID & TROUKOORS SE TROUBOEK ONTVANG! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL…

Spesiale_aanbod_Die_Trouboek

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF
(POSGELD INGESLUIT):
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer en e-pos met jou adres na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

————————————————————————————
plaastroue_1

Frikkie en Anzel het in 2009 in Mosselbaai ontmoet, maar sy was op daardie stadium in ’n verhouding en hulle het bloot op Facebook vriende gebly. Ses maande daarna het hy eendag gesien dat sy nou enkellopend is en haar uitgevra… en so het die liefde, wat uitgeloop het op ’n plaastroue, begin blom…

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE STAAN UIT VAN MEKAAR?
Anzel: “Sy opreghtheid en eerlikheid. Hy dra my regtig op die hande.”
Frikkie: “Haar groot hart. Sy is sag en liefdevol en stel almal altyd voor haarself.”

WANNEER HET JULLE GEWEET DAT JULLE VIR MEKAAR BEDOEL IS?
“Na die tweede kuier op die plaas het ons al geweet dat ons nog ’n baie lang pad sou stap met mekaar. Ons het presies in mekaar gevind waarna ons altwee nog altyd gesoek het.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Een middag, met sonsondergang, het hy my gevra om ’n draai saam met hom te gaan ry op sy vierwiel-motorfiets. Ons het by ’n mooi gedekte tafel langs die gronddam gestop en toe ek van die motorfiets afklim was hy reeds op sy knieë. Ons was vir veertien maande verloof.”

plaastroue_2

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN JULLE ROMANTIESE PLAASTROUE?
“Ons het besluit op sagte pienk en roosgoud, met goue details hier en daar. Die gevoel waarvoor ons gegaan het was ’n ontspannende, romantiese atmosfeer.”

HET JY RAAD VIR BRUIDE WAT HULLE EIE ROMANTIESE PLAASTROUE BEPLAN?
“Eerstens het ons begin deur na ’n gepaste venue vir ons plaastroue te soek. Toe het ons die perfekte atmosfeer geskep met naakde gloeilampe. Ek sal paartjies aanraai om betroubare vervoer te reël, want die vintage-karretjie waarmee ons gery het, het ons kort-kort in die steek gelaat. Laastens – geniet elke oomblik en bly kalm want dit gaan so vinnig verby.”

WAS DAAR ENIGE ONVOORSIENDE OMSTANDIGHEDE OP JOU TROUDAG?
“Daar was net ’n kouefront op die dag, maar nie eers die koue kon ’n demper plaas op ons romantiese plaastroue nie. My strooimeisies en my troukoӧrdineerder het toegesien dat als glad verloop.”

Van koue weer na stukkende karre – een ding is verseker en dit is dat hierdie paartjie se romantiese plaastroue perfek was, al wou die lewe vir hulle ’n paar suurlemoene gooi.
plaastroue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Privaat (plaas geleё buite Hoopstad, Plaas De Aar)
Koördineerder, Blomme, Dekor en Verhurings: Jeanel Beziudenhout (Pebble and Lace)
Muurbord: The Peachy Peony
Spyseniering en Drankies: Wilma Marais (privaat)
Skryfbehoeftes: Lily Young Designs
Troukoek:Artisti Cake
Fotograaf: Go Urban Photography Videograaf: Soundbytes Wedding DJ
Musiek: AMA Promotions
Trourok: Olivelli Bridal Wear Bloemfontein
Hare en Grimering: Amy Olden Hair and Make-up Artist
Bruidegom se uitrusting: Markham’s

Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA