’n Oggendtroue is die ideale manier om jou spesiale dag ten volle te geniet, omdat jy die kuier kan uitrek. Gina van Staden vertel hoe Morné en Yolanda hierdie geleentheid beplan het.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Morné en Yolanda Kilian het besluit op ʼn oggendtroue – wat dit moontlik gemaak het dat hulle die spesiale dag vir langer kon geniet het saam met hulle gaste. Yolanda vertel ons meer oor hulle liefdesverhaal, asook wat die beplanning van hulle mooi dag alles behels het.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Dit was tydens ʼn gemaklike kuier by vriende. Daar het sommer dadelik ʼn tipe lawwe aantrekkingskrag tussen ons twee ontstaan. Die volgende dag het ons op ʼn koffie afspraak gegaan…en daardie afspraak het uiteindelik gelei na ons oggendtroue!”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
“Ons het eendag op ʼn lugballon rit gegaan. Ek was nie seker of Morné meer oor die boom in die pad (toe ons opstyg) gestres het, of om my die groot vraag te vra nie! Hy het gegrap dat hy ʼn lucky charm by hom gehad het en het die ring so tussendeur die wolke te voorskyn laat kom. Ons was vir sewe maande en vyftien dae lank verloof.”

WAT WAS JULLE KLEURSKEMA EN TEMA?
“Die hele tema en kleurskema van ons oggendtroue was op die Protea blom gebasseer, dus vuil pienk en sagte grys, gekombineer met ʼn rustieke gevoel.”

WATTER RAAD HET JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE WAT ʼN OGGENDTROUE BEPLAN?
“Hê ʼn duidelike visie oor hoe die groot dag moet lyk en verloop. Doen oral navraag en kry kwotasies – dit sal duidelikheid gee oor hoe julle by julle begroting moet hou. Werk ʼn finansiële stelsel uit – gaan julle weekliks of maadeliks ʼn bepaalde aantal geld wegsit? Raak ook self betrokke by die dekor en kry julle hande vol gom en blinkers.”

DINGE BY DIE OGGENDTROUE WAARVAN ONS GEHOU HET:
* Die liefdesbriefie wat die bruid vir die bruidegom voor die seremonie geskryf het, waarin daar gestaan het dat alles reg sou verloop ten spyte van hulle senuagtigheid.
* Die onspanne atmosfeer en die lawwe foto’s wat die gaste geneem het.
* Die staatmaker strooimeisie wat ʼn ekstra paar oorbelle in haar badkamersakkie gehad het (toe die vlinders van die bruid se oorbelle spoorloos verdwyn het).

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Elegant Manor
Spyseniering: Theuns Eloff van Bread for Africa
Bloemis: The Bloom Event
Dekor en verhurings: Jessies
Skryfbehoeftes: Creative Art Studio en die bruid self
Troukoek: Ronel van Suikerlepeltjie
Fotograaf: Michelle Denton Photography
Musiek: Bruidspaar self
Vermaak: Abri van Wyk – Violis
Trourok: Lady Anne Bridal Hartebeespoort
Hare: Elsa van Take your hat off Hair Salon
Grimering: Denize Nelson
Bruidegom se pak: Edgars

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA