Stellenbosch troue vir skot 1 (1)
Mary is ʼn Skot en Rick is van Suid-Afrika, maar met die kies van die venue het Suid-Afrika se Stellenbosch loshande gewen. Gelukkig kon haar skoonfamilie help met die langafstandsbeplanning.

Stellenbosch troue vir skot 1 (2)

By ʼn huispartytjie het Rick, Mary se oog gevang met sy Superman T-hemp en ʼn geselsie het gevolg wat toe gelei het tot ʼn eerste afspraak ʼn paar dae later. “Hy het my gevat om te gaan fliek en ons het The Break Up gekyk, nie juis die beste keuse vir ʼn eerste afspraak nie, maar dit was steeds die begin van ons liefdesverhaal!” Familie is baie belangrik vir hulle albei en wat Mary na Rick toe aangetrek het is sy lojaliteit en hoe geliefd hy is deur sy mense en vriende.”

WAT MAAK JULLE LIEFDE SO SPESIAAL?
“Ons was vir nege jaar saam voor ons getrou het, in die tyd het ons saam gereis, saam na ander lande getrek en elke jaar het ons net sterker en sterker geword.”
 
VERTEL ONS MEER OOR JULLE TROUBEPLANNING EN TROUDAG?
“Ons eerste besluit was oor waar ons gaan trou aangesien ek van Skotland en hy van Suid-Afrika is. Wie wil dan nou nie trou in een van die mooiste lande in die wêreld met die beste wyn en weer nie? So kies ons toe Stellenbosch. Na vele navorsing op die internet het ek gevind dat Tripadvisor ʼn uitstekende bron van inligting is en het Clouds Estate opgespoor. Rick se ma en haar sussie kon my help deur na die plek te gaan kyk en hulle was net so beïndruk soos ek. Die week voor die troue het ons die plek vir die eerste keer gesien, ek was stomgeslaan! Marika en haar span het ons en die gaste so goed behandel en tuis laat voel. Ons was bevoorreg om 55 gaste van regoor die wêreld te gehad het, wat dit ʼn baie intieme en spesiale dag gemaak het.
Volgende op die lys was die videograaf, Wynand van White Lines. Gelukkig het hy ʼn beplanning gehad om Londen toe te kom en kon ek en Rick hom oor ʼn drankie ontmoet. Hy was alles wat ons wou gehad het. Dit was vir my belangrik dat die skote natuurlik en nie geforseerd moes wees nie. Ons kyk steeds die trou-video oor en oor. (Hier is die skakel as julle dit ook wil kyk).
Dit was ook hy wat voorgestel het dat ʼn troukoördineerder kry en het Marle van Someday Soon voorgestel, dit was die beste besluit wat ek kon gemaak het! Sy was absoluut fantasties, altyd positief en so entoesiasties. Nie net het sy vir my die beste diensverskaffers aanbeveel nie, maar ook die beste pryse vir my beding sodat ek nie ingedoen was nie. Ook het sy gehelp met die opstel van die begroting en het raad gehad oor waar ons kon bespaar. Ons het alles oor Skype bespreek. Sy het die hele ervaring stresloos gemaak en ons kon net ons dag geniet.
Al ons diensverskaffers was wonderlik, Jani B, ons fotograaf was ongelooflik, sy was daar tot laat in die aand en het ons herinneringe perfek vasgevang. Ek is mal oor haar styl.
Die musiek was vir ons belangrik, ons gaste moes hulle self geniet. Acoustic Element het voor die seremonie gespeel, terwyl die gaste ʼn glasie vonkelwyn geniet het. (Dit het baie gehelp dat almal ontspan het.) Hulle is werklik talentvol! Tydens die onthaal het ons Blaze gehad. Hulle was so goed, dat ons ʼn spontane eerste dans gehad het nog voor die strooijonker sy toespraak kon maak!
Vir die gastegeskenkies het ons ʼn tikkie Skotse tradisie ingebring. Die manne het mini botteltjies whiskey gekry en my ma het miljoenêrs broskoek vir die dames gebak. Gaste kon ook hulle reisherinneringe na die troue toe met ons deel op ʼn World of Moose plakkaat wat ons gemaak het. Daar was nie formele trouvervoer nie, ek en die strooimeisies het met ʼn golfkarretjie gearriveer!”

Stellenbosch troue vir skot 1 (3)

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA EN HOEKOM?
“Aangesien dit ʼn somer troue was wou ek helder kleure gehad het. Die strooimeisierokke was koraal en ek wou graag daardie kleurskema deurgaans behou. Ek het wel Rick se familie tartan gebruik by die gastegeskenkies.”
 
WATTER ATMOSFEER WOU JULLE GRAAG SKEP?
“Ons wou ʼn gelukkige ontspanne atmosfeer skep. My tannie het ons getrou en daar was voorlesings van Rick se twee sussies en my boetie asook stukkies wat ek en Rick geskryf het. Dit was ʼn ware familie okkasie! Almal moes so lekker soos ons kuier.”
 
JOU RAAD VIR ANDER BRUIDE?
“Hou op bekommer oor die klein goedjies!”
 

DIENSVERSKAFFERS
Venue en drankies: Clouds Estate
Koördineerder: Marle du Toit van Someday Soon
Spyseniering: Two Chefs
Bloemis: Fleur Le Cordeur
Dekor: Something Different
Troukoek: Kolwyntjies gebak deur Sarah, Rick se sussie
Fotograaf: Jani B
Videograaf: Wynand van White Lines
Musiek: Acoustic Element, Blaze
Trourok: Allure van Teokath in London
Hare en grimering: Ida Webster
Bruidegom se uitrusting: Reiss & Ted Baker

Artikel: Yolande van Deventer

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA