afsnymateriaal

Afsnymateriaal is onvermydelik wanneer jou trourok verstel moet word. Maar moenie bekommerd wees nie, want hierdie stukkies lap kan op kreatiewe maniere steeds deel bly van jou groor dag.


BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Dit is die einde van die maand en tyd om jouself ‘n bietjie te bederf met Troukoors se glanstydskrif en Die Trouboek, wat ons saam met Gretha Wiid geskryf het! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL.

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde weekliks om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!

Troukoors se glanstydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee.
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF SO:
(POSGELD INGESLUIT)
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


AFSNYMATERIAAL – MAAK DIT DEEL VAN JOU TROUDAG

Jou trourok is gekoop, maar pas nie perfek nie, daarom is verstellings jou voorland. Jy voel amper hartseer oor die afsnymateriaal wat verlore gaan gaan, omdat hierdie item jou ’n plaas se prys uit die sak gejaag het. Maar alles is nie verlore nie, want met ’n bietjie kreatiewe beplanning, kan jy selfs die laaste stukkie afvalkant deel maak van jou mooiste dag.

GEBRUIK AFSNYMATERIAAL VIR TROU-ITEMS
Het jy al ’n kousband, trou-onderklere, ’n ringkussing of ’n strik vir jou blommemeisie se hare? As jou antwoord nee is, glimlag die geluksgodin beslis nou vriendelik vir jou, want jou afsnymateriaal kan beslis gebruik word om een of meer van hierdie items ’n realiteit te maak en soomloos te laat inskakel by jou troudekor.

Gesels met die persoon wat jou verstellings behartig oor waarvoor jou afvalmateriaal gebruik kan word en begin beplan. Hier is nog ’n paar oulike idees waarvoor afsnymateriaal gebruik kan word:

* As jy net ’n dun strook materiaal oor het, draai dit om jou en jou strooimeisies se handruikers om ’n ekstra tikkie elegansie te verleen.
* As daar heelwat materiaal oor is, kan dit gebruik word om vir jou ma en skoonma elkeen ’n serp of behangsel te maak vir wanneer dit koud word.
* Bederf jou gevolg met beursies wat van jou afsnymateriaal gemaak is.
* Maak vir jou pa, skoonpa, oupa en bruidegom sakdoeke wat hulle op die groot dag in hulle hempsakke kan dra of kan hou as aandenking van hierdie spesiale dag.

AFSNYMATERIAAL AS AANDENKING
As jy nie lus is om die afsnymateriaal deel te maak van jou groot dag nie, maar dit graag as aandenking wil hou, is daar ook ’n paar oulike items wat jy kan laat maak en dalk na die tyd kan gebruik:

* Maak ’n grimeersakkie om saam op wittebrood te vat of ’n toetreksakkie waarin jy jou troujuwele kan bêre.
* Trek ’n fotoraam oor met die materiaal om jou troufoto in te vertoon.
* As daar baie materiaal oor is, kan jy vir jou ’n rokkie laat maak om tydens die onthaal te dra – jy kan hierdie rokkie dan weer dra wanneer julle jul eerste huweliksherdenking vier.
* Maak ’n tafelloper om vir spesiale geleenthede te gebruik, indien die tipe materiaal geskik is daarvoor.

Dit maak nie saak wat jy met jou afsnymateriaal doen nie, dit hoef beslis nie ’n verlore saak te wees nie. Dink net kreatief en maak die beste daarvan.

Foto: David’s Bridal

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA