bederf vir wagter terwyl julle wittebrood hou 1
Oppad met wittebrood, vakansie of werk toe en wonder wat om met Wagter te maak? Nou hoef jy nie meer jou beste vriend tuis te laat wanneer jy werk toe gaan of ’n welverdiende blaaskans beplan nie. @Frits Honde Hotel en Dagsorg Sentrum het ’n oplossing vir jou!

bederf vir wagter terwyl julle wittebrood hou 2

Dié 5-ster honde hotel is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en is geleë in die Moederstad. Dit is begin deur Frits Smit (aka Dogald Trump) en sy mensmaat, Yanic Klue. @Frits het sy deure geopen op 1 Desember 2015 en bestaan uit voltydse sorg, ’n salon en spa, ’n winkel, gourmet maaltye van ’n a la carte-spyskaart, DSTV, webkameras sodat eienaars deurentyd hulle honde kan monitor asook ’n aandiens veearts en gedragskundige. Ongeag of jy vir ’n voormiddag, langnaweek of vakansie weggaan, @Frits is beslis mens se beste vriend se eenstop-keuse en jy weet dat jou geliefde viervoetkind hier net die beste sorg sal kry sodat jy jou vakansie kan geniet!

  • Die Hotel: Dit is die ideale huis, weg van die huis en hier word aan elke behoefte van jou hond voorsien om hom gemaklik en tuis te laat voel. Sodoende kan jy met ’n geruste hart jou vakansie geniet. Die kamers sluit dagsorg, groepspeelsessies en ’n webkamera in om jou op datum te hou van Wagter se doen en late. Daar is verskeie verblyfsopsies beskikbaar (Doggie Dormitory, Deluxe en Platinum Suite) waaruit jy kan kies.
  • Dagsorg: @Frits dagsorg verseker dat jou beste vriend al die aandag en stimulasie kry, in ’n veilige en gesonde omgewing, wat hy verdien terwyl jy werk. Die honde word verdeel in groepe na aanleiding van hul grootte, energie/aktiwiteitsbehoeftes en temperament. Die honde is ten alle tye onder toesig van die @Frits dagsorgspan. Aktiwiteite sluit in speel, hardloop, spring, jaag en selfs grawe! Daar is selfs ’n aand opsie beskikbaar vir wanneer jy lus is vir ’n aand uit en nie vir Wagter alleen tuis wil laat nie.
  • Salon & spa: Jou beste vriend verdien ’n bietjie spesiale aandag en híér kan hy in ’n gemaklike omgewing versorg word met natuurlike produkte en liefdevolle hantering.

bederf vir wagter terwyl julle wittebrood hou 3

Vir meer inligting of nuus, besoek gerus hulle webblad, gaan LIKE hulle op Facebook, volg hulle op Twitter of stuur ’n e-pos na info@atfrits.com

Ons hoop dat takke in Gauteng en ander provinsies ook binnekort op die kaarte is.

Artikel: Yolanda Wessels
Foto’s: Aglow Photography

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA