die-trouboek-1

Die Touboek, wat Troukoors saam met Gretha Wiid geskryf het, is ’n unieke hulpmiddel en ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika! Lees hieronder wat jy moet doen om een vir Kersfees te wen…


BESTEL DIE TROUBOEK EN / OF TROUKOORS SE GLANSTYDSKRIF HIER EN SPAAR!

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek


Wanneer ’n mens verloof raak, is dit die opwindendste tyd in jou lewe. Julle loop op wolkies en alles is perfek… totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos! Skielik stry julle oor wie genooi moet word en voel jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want dit is net eenvoudig te duur! Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue, julle verhouding ly daaronder en jy begin wonder of dit hoegenaamd die regte besluit was om verloof te raak!

Maar skep moed, want jy is nie alleen nie! Hierdie stresvolle tydperk wat julle beleef is heeltemal normaal, so moenie toelaat dat die realiteit van troubeplanning hierdie mooi tyd in julle lewens versuur nie. Ons het raad!

Die Trouboek is opgedeel in 52 weke sodat jy betyds by alles sal uitkom wat gedoen moet word voor julle groot dag. Die weeklikse artikels herinner jou onder andere wanneer jy jou rok moet gaan aanpas, wanneer julle die troukoek se geur moet kies en selfs wanneer die uitnodigings drukkers toe gestuur moet word! Elke week is daar ’n tieklysie sodat jy kan afmerk wat reeds gedoen is – jy sal nie eers vergeet om ’n  kousband te koop nie!

Agterin die boek is daar ’n handige afdeling waar jy jou troue kan beplan. Dit sluit plek vir die volgende in:

  • Die begroting
  • Die tydlyn
  • Die gastelys en RSVP’s
  • Die diensverskaffers se kontakbesonderhede
  • Die gevolg se verantwoordelikhede
  • Die name van almal wat op die dag afgeneem moet word
  • Die musiekkeuses
  • Opsies vir verblyf vir die gaste ensovoorts

Hierdie oulike boek is ’n gerieflike handsakgrootte sodat jy dit op die dag van jou troue vir jou hoofstrooimeisie kan gee om in haar handsakkie te hou. Sou een van die diensverskaffers byvoorbeeld nie opdaag nie, weet sy en die ander strooimeisies dadelik wie om te skakel en kan hulle Die Trouboek gebruik om seker te maak dat alles anders volgens skedule verloop.

die-trouboek-2

Die Trouboek bevat nie net alles wat julle nodig het om die perfekte troudag te reël nie, maar deel ook elke week raad om ’n gelukkige huwelik te verseker. Gretha Wiid is ’n kenner as dit by verhoudings kom en berei julle voor vir die getroude lewe: hoe om te kommunikeer, verskille te hanteer, mekaar ruimte te gee en jou identiteit te behou.

Van die onderwerpe wat julle elke week gedurende die huweliksvoorbereiding gaan deurwerk, sluit onder andere die volgende in:

  • Hoeveel geld julle op die troue moet spandeer
  • Geloofsverskille en of dit ’n probleem is
  • Of julle kinders wil hê, hoeveel en hoe julle hulle wil grootmaak
  • Grense wanneer dit by vriende en sosiale media kom
  • Hoe om die aanpassing te maak werk en jammer te sê
  • Wat julle kan doen om mekaar te help in en om die huis
  • Tradisie wat verwoesting kan saai en
  • Die liewe skoonfamilie…

WEN!
Een gelukkige leser staan ’n kans om Die Trouboek vir Kersfees te wen! Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom is:

  • LIKE en SHARE hierdie inskrywing op Troukoors se Facebook bladsy.
  • TAG jou vriende en familie
  • Lees die artikel hierbo en skryf vir ons in die COMMENTS blokkie op Facebook watter 3 dinge in die boek jou die meeste gaan help en hoekom.

BESTEL DIE TROUBOEK
Kliek hier om Die Trouboek te bestel en spaar R44.90 wanneer jy Troukoors tydskrif ook bestel.Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Troukoors_tydskrif_3 Troukoors_Bl72_Final2.indd Internasiona Trourendense_Bl60-64_Final2.indd

                                                       Troukoors_Bl100-108_Final.indd Troukoors_Bl18-22_Final2.indd

Voorbeelde van Die Trouboek se inhoud:die-trouboek-3
die-trouboek-4
die-trouboek-6
die-trouboek-5
die-trouboek-7
die-trouboek-8

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA