Die musiekvideo van Juan Boucher se trouliedjie, wat beeldmateriaal bevat van sy mooiste dag, is pas vrygestel. Kyk dit eksklusief hier onder.

Die gewilde sanger, Juan Boucher, het op 24 Maart 2021 met die liefde van sy lewe, Shamodene Niemann, getrou.

Dit was ’n romantiese bosveldfees by Kuthaba Bush Lodge in die Waterberge en alles waaroor die paartjie gedroom het en meer.

Op die dag, het Juan vir sy bruid ’n trouliedjie gesing met die naam, TROU, wat ook sy nuutste enkelsnit is en dit is vir ons ’n absolute voorreg om die MUSIEKVIDEO, wat beeldmateriaal van hulle mooiste dag bevat, vir die eerste keer eksklusief hier op Troukoors met die publiek te deel.

Kyk die video van hulle pragtige trouliedjie hier: https://youtu.be/FNki5wUBTm0

Juan en Shamodene het op die Bokboot (MSC-bootreis) ontmoet en dadelik aangetrokke gevoel tot mekaar en so het hulle paadjie saam begin.

Sy het verlief geraak op sy menswees en liefde vir die lewe en het ingestem om sy vrou te word nadat hy op Kersdag die groot vraag gevra het voor familie by Pinnacle Point in Mosselbaai.

Hulle troue was ’n pragtige geleentheid, met vuilpienk en Khaki as hoofkleurskema van hulle droomtroue in die bos.

Volgens Shamodene het alles seepglad verloop en het hulle die dag baie geniet saam met hulle vriende en familie. Haar raad vir paartjies wat besig is om troue te beplan, is om te fokus op wat hulle graag wil hê en nie te veel mense te betrek by die beplanningsproses nie.

Die paartjie se dag was prentjiemooi en ons hoop dat hulle huwelik geseën sal wees met hope liefde en geluk.

DIENSVERSKAFFERS:

Venue en spyseniering: Kuthaba Bush Lodge

Koördinering: Nina van Jolyt Ontwerp en Erné van Lampyridae Lights

Troukoek: Cocovanilla Foods

Blomme en dekor: Love Beloved

Markiesligte (Ons Word Een): Lampyridae Lights

Ligte: Softlight Events

Lasersnywerk: Boeringravering

Paadjieloper: JAPS Printing

Skryfbehoeftes: Jolyt Ontwerp

Fotograaf: Kreativ

Video: Quin Media Films

Trourok: New Romantics

Hare: Charné van NuMe Hair

Grimering: Kaila Botha

Strooimeisierokke: Karen Couturier

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA