ESPOUSAL hou binnekort Suid-Afrika se eerste aanlyn trou-ekspo. Lees verder om te sien wat jy kan verwag en hoe jy kan deel wees van hierdie ervaring.

Wanneer jy die woord “trou-ekspo” hoor, dink jy onwillekeurig aan groot groepe mense wat onder een dak saamdrom om hulle produkte uit te stal en idees vir hulle groot dag te versamel.

Deesdae word sulke samekomste nie toegelaat nie, as gevolg van die Covid-19 pandemie… maar dit hoef nie ’n krisis te wees nie!

Daar is ’n manier om ’n interaktiewe trou-ekspo by te woon in die gemak en veiligheid van jou eie huis.

ESPOUSAL bring nou vir diensverskaffers en paartjies wat op trou staan ’n unieke ervaring wat nog nooit van tevore plaaslik beskikbaar was nie.

Met behulp van topklas tegnologie, kan die hele troubedryf (van regoor die wêreld) saamtrek en op een plek bymekaar kom om vir “besoekers” die beste inligting, vermaak, inspirasie, raad en produkte te bied wat tans beskikbaar is.

Die doel is om vir troudiensverskaffers en -beplanners, asook paartjies die geleentheid te gee om steeds ’n trou-ekspo, met al die bells and whistles, te ervaar. Dit gee dus vir verskaffers steeds die geleentheid om hulle besighede te bemark en vir kliënte om die beste idees en produkte vir hulle mooiste dag te versamel… sonder om uit te gaan.

WAT MAAK DIT SPESIAAL?

*Dis die wêreld se eerste 3D virtuele trou-ekspo wat aanlyn plaasvind.

*Na die Covid-19 pandemie very is, sal die bedryf weer aan die gang kom en hierdie geleentheid sal die bedryf aan die gang hou.  

*Broodnodige blootstelling vind plaas deur middel van die platform gedurende hierdie moeilike tyd.

*Diensverskaffers en paartjies is nie beperk tot een provinsie nie.

Die eerste suksesvolle ESPOUSAL aanlyn trou-ekspo het op 11 en 12 September 2020 in Indië plaasgevind.

Nou kan jy op 26 en 27 Maart deel wees van die Suid-Afrikaanse been!

Besoek hulle webblad om meer uit te vind oor ESPOUSAL se Suid-Afrikaanse trou-ekspo.

Diensverskaffers kan steeds stalletjies huur op die dag en kaartjieverkope vir paartjies sal vanaf 12 Februarie 2021 op hulle webblad geskied.

ESPOUSAL se trou-ekspo word aangebied in samewerking met Troukoors, Tentworx, Zeroin en Johan Ungerer Signature Weddings.

Om op hoogte te bly van nuus en reëlings, volg ESPOUSAL op Facebook.

Moet dit nie mis nie!

 

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA