Gee jou troue 'n rustige atmosfeer 1
’n Troue met ’n rustige, skoon en elegante atmosfeer sal gaste vir dae lank nog laat praat. Maria Marquerite Photography deel so ’n troue met ons.

Gee jou troue 'n rustige atmosfeer 2

Ligte skakerings van blou word deesdae baie gebruik by troues, omdat hierdie kleure met rustigheid geassosieer word. Jy wil beslis rustig wees op jou mooiste dag, wat soms baie stresvol kan wees… en blou-blou lug hê as agtergrondversiering.

Die woordeboekdefinisie van die woord serenity is kalm, rustig en helder… en dit is presies wat die span by Maria Marquerite Photography wou bereik met hierdie gestileerde ‘Serenity’-fotosessie.

Sagte skakerings van pers, blou, grys en groen is gebruik om ’n gevoel van broosheid, maar ook absolute kalmte en elegansie te skep vir hierdie tuintroue onder ’n afdak wat met lae en lae wasige wit materiaal gedrapeer is.

Wit meubels, glaspotjies en wit eetgerei is gebruik om die helder en skoon gevoel van die die atmosfeer te komplementeer, terwyl ’n elegante kandelaar wat met groenigheid versier is, uit die dak gehang is om ’n tikkie elegansie aan die rustigheid te verleen. ’n Spieël met ’n koperkleurige raam en kandelare op die tafel is ook ingebring om die eindresultaat meer gesofistikeerd te laat voorkom.

Gee jou troue 'n rustige atmosfeer 3

Feetjieliggies en blaarversierings aan die agterkant van die stoele herinner mens aan feetjies en storieboekliefdesstories wat die hele atmosfeer perfek maak vir ’n liefdesfees met ’n geheimsinninge en ontspanne atmosfeer.

Die grys trourok met deursigtige kant, diamantoorbelle en los haarstyl laat die model ook soomloos inskakel by die rustige atmosfeer, terwyl die silwer stewelhakskoene weer ’n moderne element by hierdie tema inbring.

SKEP SO DIE PERFEKTE ATMOSFEER BY JOU TROUE
Kies die regte beligting – Beligting kan ’n groot invloed hê op die atmosfeer by die troue. Feetjieliggies kan help om ’n toweragtige atmosfeer te skep, terwyl kaalgloeilampe en lanters dit meer rustiek sal maak en kandelare ’n meer moderne en elegante atmosfeer tot gevolg sal hê.

Kies sielsmusiek – Musiek speel ’n groot rol in die atmosfeer wat by jou troue heers. As jy ’n kalm en rustige atmosfeer wil skep, kies klassieke, Jazz of liefdesballades en vergeet van dansmusiek en rock.

Jy kan deur slim keuses te maak presies die atmosfeer skep wat jy graag op jou mooiste dag wil hê.

———————————————————————————————————-

WOON TROUKOORS SE WERKSWINKEL BY MORGENZON IN PRETORIA BY EN
STAAN ‘N KANS OM ONGEVEER R100 000 SE PRYSE TE WEN VIR JOU TROUE !
Kliek hier om meer uit te vind.

Troukoors_wen_n_troue

Foto deur Adene Photography

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA