Geometriese dekor is op die oomblik een van die gewildste tendense vir troues. Minette Badenhorst wys hoe jy dit kan deel maak van jou dag.

Geometriese dekor is baie veelsydig en kan op soveel verskillende maniere gebruik word. Dit kan ook as die hooftema ingespan word in jou dekor of net as sekere elemente wat ingebring kan word. Dit pas ook pragtig in by enige dekorstyl en kleurskema, van vintage tot modern.

Goud en koper is deesdae baie gewilde kleure by troues en so pas die geometriese dekor ook daarby in. Die meeste geometriese dekor is in goud en koper beskikbaar. Ons loer vandag na idees hoe jy hierdie pragtige tendens by jou troudekor kan inbring.

AGTERGRONDDEKOR
Gebruik verskillende vorme van die geometriese dekor as agtergrond by die seremonie. Dit vorm ʼn pragtige en unieke fokuspunt en maak ook vir ʼn pragtige agtergrond op die foto’s van daardie belangrike oomblik.

HANGDEKOR
Verskillende tipes geometriese dekor lyk pragtig wanneer dit as hangdekor gebruik word. Dit kan opgekikker word met pragtige blomme of kan ook net so gerbuik word om daardie asemrowende atmosfeer te skep.

TAFELDEKOR
Geometriese dekor kan pragtig op jou tafels gerangskik word. Versier dit met blomme, liggies of kersies. Dit pas by enige kleurtema en kan dus veelsydig aangerig word by jou tafeldekor.

SKRYFBEHOEFTES
Bring dit in by jou uitnodigings, spyskaarte en selfs die verwelkomingsbord by die troue.

RINGBOKSIES EN RUIKERS
Hierdie twee items sal verseker daardie iets anders en besonders byvoeg. Die ringhouertjies lyk pragtig op foto’s vir die afneem van die ringe. Die ruikers wat gemaak word deur die gebruik van geometriese dekor is iets besonders en sal uitstaan op julle groot dag.

TROUDEKOR
Hierdie is nog ʼn item waar die geometriese vorms subtiel ingebring kan word of waarvan jy ʼn fokuspunt kan maak. Dit is wonderlik hoeveel verskeie maniere daar is om dit by jou troukoek in te bring, met die versiering en met ekstra items wat jy by die koek kan plaas.

HAARBYKOMSTIGHEDE
Ons is verlief op hierdie geometriese haarbykomstighede. Dit is perfek vir die modern bruid wat nie vir die tradisionele haar bykomstighede wil gaan nie.

Gebruik van hierdie oulike en pragtige idees om geometriese dekor by jou trou in te bring. Dit is een van die gewildste tendense vir 2018 en sal verseker dat jou troue by die troumode hou.

Hooffoto: Wendy and Peter

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA