Geskeide ouers kan ’n groot demper op julle troudag plaas. Gina van Staden vertel hoe jy hierdie netelige kwessie vreedsaam kan benader.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Hoe gemaak met jou geskeide ouers as die atmosfeer tussen hulle nog rou is? Lees verder om uit te vind hoe jy hierdie moeilike saak moet hanteer.

BESLUIT WAT BELANGRIK IS
Indien jy byvoorbeeld nie jou pa se nuwe lewensmaat by julle troue wil hê nie, moet jy besluit of jy die risiko wil loop dat hy moontlik glad nie die troue sal wil bywoon nie. Geskeide ouers is oor die algemeen meer formidabel by troues, so oorweeg dit om die ander persoon uit te staan vir die dag (terwille van jou pa) en fokus op al die ander wonderlike dele van julle spesiale dag.

WAT AS MY MA NOG ONTSTELD IS EN MY PA BRING SY NUWE VROU?
Dit is seer, maar die troue gaan op die einde van die dag oor die viering van nuwe liefde – jou en hulle toekomstige skoonseun s’n. Laat jou ma ʼn goeie vriend saambring vir geselskap, sodat sy nie alleen in die kerkbanke hoef te sit nie. Laat jou geskeide ouers ook apart by die seremonie, sowel as die onthaal, sit.

NOOI JOU GESKEIDE OUERS SONDER +1’S
Dit is julle troue en as jul besluit dat dit beter sal wees om beide die geskeide ouers sonder die opsie van metgeselle uit te nooi, is dit julle keuse. Verduidelik aan hulle dat julle voorsorg tref om enige drama by jou troue te voorkom. As hulle ongelukkig is, gee dit net tyd en hou voet by stuk.

LEES DIE LEVIETE VOOR
Ongelukkig moet die kinders soms die geskeide ouers in toom hou. Lê die reëls neer voor die troue (soos dat hulle byvoorbeeld nie te veel moet drink of nie met/van mekaar moet praat nie). Stel jou gasheer in kennis van die situasie sodat hy ʼn ogie kan hou en die nodige vure blus indien nodig.

HOE GEMAAK AS DIE PA-DOGTER VERHOUDING VERSUUR IS EN JY EERDER WIL HÊ DAT JOU MA/STIEFPA/BROER JOU BY DIE PAADJIE AFSTAP?
Hierdie probleem is meer algemeen met geskeide ouers as wat ʼn mens dink. Jy gaan baie moed nodig hê, maar praat met jou pa en sê vir hom hoe jy voel.

Moenie dat geskeide ouers julle dag bederf nie. As hulle vir julle omgee, sal hulle mekaar op die dag verdra.

Foto: PiniMg

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA