’n Gesonde vel is noodsaaklik op jou troudag. Gina van Staden vertel meer oor hoe jy hierdie wens ’n realiteit kan maak.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Velkwessies is bo-aan die lys wanneer dit kom by ’n bruid se skoonheidsroetine. Die velkenners van Myhru verklap hoe bruide met ’n gesonde vel kan spog op hul mooiste dag.

WAT IS DIE ALGEMEENSTE PROBLEEM WAT BRUIDE ERVAAR MET HEDENDAAGSE VELSORGPRODUKTE?
“Beslis die verwarring! Daar is soveel produkte op die mark en bruide weet eenvoudig net nie meer watter een om te kies nie. Hulle maak dan besluite volgens die advertensies se slagspreuke, sonder om navorsing te doen oor die bestanddele. Die vel word dan versmoor, want baie van hierdie produkte bevat bestanddele soos alkohol, parabene, metale en sintetiese stowwe.”

HOE KIES ’N BRUID DIE BESTE PRODUK VIR ’N GESONDE VEL?
“Die menslike liggaam is in staat om homself te genees, so ons het werklik net hier-en-daar ’n hupstoot nodig. Verminder die aantal produkte wat gebruik word en kweek ’n eenvoudige, gesonde velroetine: reinig en bevogtig (+ SBF). Eers dan kan bruide gespesialiseerde bestanddele soos Retinol, Hyaluronsuur en Vitamien C byvoeg.”

WAT MAAK MYHRU VELSERUM ANDERS?
“Die Myhrulosofie fokus op die reis uit die kosmetiese oerwoud na die basiese beginsels van gesonde veroudering (in teenstelling met teen-veroudering). Met slegs een produk wat bestaan uit sewe bestanddele, word daar van alle veltipes se velbehoeftes voorsien – intense hidrasie, diep voeding en herstel. Na twee jaar se skaaf en skuur het ons die perfekte resep vir ’n gesonde vel geformuleer. Dit absorbeer vinnig en dring diep binne-in die vel.”

HET JULLE GESONDE VEL-RAAD VIR SOMERSBRUIDE?
“’n Sagte fondasie of getinte bevogtiger en neutrale poeier is ’n moet vir humiditeitsbekamping. Om vlekpapier (vir die opdroog van olies) en ’n sambreel byderhand te hou is ook ’n goeie idee indien julle in die son gaan wees. Bly weg van romerige blossers en gebruik waterdigte maskara.”

EN VIR WINTERSBRUIDE?
“Bly weg van kitsverbruiners en kies eerder ’n verbronser. Gebruik ook liefs fondasie wat meer bedekking het. Vir ’n gesonde vel wat straal moet bruide verhoed dat dit uitdroog deur gereelde afskilfering, bevogtiging en korrekte water inname (in elke seisoen).”

Die kenners van Myhru sê dat geen skoonheidsproduk die vermoë besit om ’n gesonde vel in ’n japtrap op te tower nie. Slegs ’n goeie velsorgroetine, aktiewe leefstyl en gesonde dieët is die sleutels tot ’n sprankelende gelaat wat boekdele sal spreek op die troue.

Myhru is ’n serum wat velsorg vereenvoudig en bestaan hoofsaaklik uit natuurlike bestanddele. Die produk is beskikbaar in uitgesoekte winkels.

WEN HIERDIE WONDERPRODUK!!


Twee lesers staan ’n kans om elkeen een bottel van Myhru se wonderserum te wen, ter waarde van R680! Al wat jy moet doen is:
LIKE & SHARE hierdie inskrywing op Facebook;
Gaan LIKE Myhru se blad op Facebook; en
Tik #myhrukomp in die kommentaarblokkie onderaan.

Die kompetisie sluit op Maandag, 17 Julie 2017 en die wenner sal die 18de aangekondig word.

Foto: Whim Magazine

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA