Dis nuut en opwindend, maar niemand vertel jou van die klein jakkalsies wat aan die wingerd vreet nie. Veronique Joseph deel geheime oor die eerste paar maande van getroud wees.

Die wittebrood is verby en nou keer julle terug om ʼn nuwe lewespatroon saam te vorm, dus skep julle altwee nuwe reëls wat by albei sal pas. Maar die nuwe avontuur het baie uitdagings, soos elke roos dorings het, het ʼn huwelik ook struikkelblokke.

In hierdie artikel is hier geheime wat niemand jou vertel oor die eerste paar maande van getroud wees nie… ons deel ook hoe elke klein probleempie oorkombaar is. Stadig begin die nuut en opwindedheid sy blink verloor en dan is daar oomblikke wat jy dit verloor oor die kleinste  goedjies wat mekaar begin irriteer, maar is dit nie gewoonlik juis wat die verhouding intressant hou nie, hoe jy leer om saam met mekaar te groei?

Die proses van groei binne ʼn plant word nie op die oog-af gesien nie, maar dit vorm ʼn mooi plant as dit reg hanteer word en so werk dit ook met getroud wees. Om saam te groei is nie maanskyn en rose nie, maar dit vorm beslis ʼn groot sukses as dit reg hanteer word.

Hier is ’n paar irritasies wat die nuwe hoofstuk van getroud wees erg kan ontstem en hoe jy dit kan hanteer:

  • Vuil klere wat rondlê

Jy begin stadig jou hare uit jou kop uit trek, want jy voel hy is gestewel en gespoor om sy eie klere van die vloer te verwyder. Aspoestertjie het hy definitief nie getrou nie!

Wenk: Laat weet hom van die begin af wat jy verwag, dan sal dit nie in ’n bloedbad ontaard wanneer jy genoeg gehad het en die vulkaan oorborrel nie.

  • Die komminukasieversperring

Elke huwelik sukkel met die een, maar dit is normaal! Moenie skrik as jy jou eerste konflik ervaar oor een klein misverstand nie. Hier leer jy mekaar verstaan en hoe om te kommunikeer, in die begin kan dit moeilik wees, want julle altwee is nog gewoond om alleen te woon en die aanpasing saam is ʼn uitdaging.

  • Geldsake

Dis ʼn uitdaging as ʼn paartjie op een salaris moet staatmaak nadat jy julle getroud is. Dit veroorsaak stres en kan ontplof wanneer een van julle dit graag wil bespreek.

Wenk: Besluit voor die huwelik hoe julle die saak wil hanteer, sodat julle op dieselfde bladsy is.

  • En dan is dit skoonma

Die titel wat gewoonlik gekoppel word aan skoonma gee baie bruide ʼn wanpersepsie en is hulle sommer dadelik op die agterpote.

Wenk: Doen moeite om ’n verhouding te bou met sy ma. As jy haar vertroue wen, kan getroud wees sommer baie makliker wees. Maak ook seker dat sy die grense verstaan.

Daar is nog vele meer struikkelblokke, maar soos julle saambly gaan jy agter die kap van die byl kom. Moenie die probleme as rooi sien nie, sien dit as ʼn uitdaging wat met liefde oorwin kan word. Die lewe is egter beter as twee dit aanpak.

Tel die telefoon op en nooi jou skoonma vir koffie. Reël ʼn date night met jou man en kommunikeer met mekaar. Bou julle verhouding soos ʼn spekboom wat vuur, droogte en wind kan oorleef. Getroud wees gaan oor liefde, so pak elke struikelblok aan met respek vir mekaar.

Foto: Scoop Whoop

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA