Gewigsverlies voor ’n troue, is iets wat elke bruid oorweeg of probeer. Maar is dit ’n goeie idee of kan dit vir jou net meer probleme veroorsaak?

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Gewigsverlies voor jou groot dag, is dalk nie so ’n goeie idee as wat ’n mens dink nie. Veral nie as die meeste van die gewig kort voor D-dag afgeskud word met behulp van ’n kitsdieetprogram nie.

Hier is ’n paar nadele van ernstige gewigsverlies voor jou troue:

JOU ROK KAN DALK NIE PAS NIE
Alhoewel dit normaal is om ’n sentimeter of twee te verloor as jy baie gespanne is, kan drastiese gewigsverlies maak dat jou rok glad nie goed pas op die dag nie. Wanneer jy aanvanklik jou rok kies, kies jy iets wat jou figuur – op daardie stadium – komplementeer. As jy byvoorbeeld ’n verleidelike halslyn kies, maar jou borste verdwyn omdat jy baie gewig verloor, kan dit ’n groot dilemma wees.

BRIDEZILLA SE MOSES
Wanneer jy honger is, te veel gewig verloor, stres oor die troue en nie energie het nie… voel jy ook nie juis vriendelik nie. Dit kan die lewe vir jou aanstaande, en almal rondom jou, so onplesierig maak dat dit verhoudings permanent kan beskadig.

JY VOEG ONNODIGE STRES BY
Troubeplanning is stresvol en onmoontlike verwagtinge wanneer dit by gewigsverlies kom, kan net nog meer spanning veroorsaak en jou laat siek word. Jou liefie hou van jou soos wat jy is – so vir hom sal jy mooi lyk, al pas jou lyf nie in die grootte rok waarvoor jy gehoop het nie.

ENERGIE IS NIE JOU VOORLAND NIE
Die laaste deel van jou troubeplanning vereis gewoonlik heelwat laaste-minuut takies waarvoor jy inspirasie en energie nodig het – iets wat jy beslis nie sal hê met drastiese gewigsverlies nie. Jy sal ook nie jou mooiste dag ten volle kan geniet nie, want jy gaan skaars genoeg stamina hê om regop te bly voor die kansel as jy nie eet nie, wat nog te sê van die dansbaan.

DIT KAN HORMONE LAAT LOL
Jou goedbeplande skedule mag miskien sê dat jou maandelikse besoeker nie op die troue of wittebrood gaan kom kuier nie. Oormatige gewigsverlies kan egter hierdie planne omver gooi, omdat dit jou siklus beïnvloed. Dit kan beteken dat jy PMS mag hê op jou troudag.

DIE SJAMPANJE GAAN REGUIT NA JOU KOP TOE GAAN
As jy nie gereeld eet nie en baie gewig op een slag verloor, is daar nie juis reserwes om jou teen die effek van alkohol te beskerm nie. Selfs net een glasie sjampanje kan jou verander in ‘daardie bruid wat te veel gedrink het op haar troue’.

WITTEBROOD-TELEURSTELLINGS
Ongesonde gewigsverlies verswak jou immuunstelsel, wat beteken dat jy vatbaar is vir die geringste kiem of virus. Dit kan beteken dat jy Mauritius net vanuit die venster, uit jou hotelkamerbed, sal moet geniet.

VERGEETAGTIGHEID IS JOU VOORLAND
Met soveel dinge wat in plek moet wees op jou groot dag, is die laaste ding wat jy wil hê dat jy van ’n paar belangrike goed moet vergeet. Wanneer jy jou liggaam ontneem, kan dit ’n effek op jou geheue hê – veral in kitsprogramme wat tot drastiese gewigsverlies lei.

LIEFDE EN OPGEWONDENHEID KAN IN DIE SLAG BLY
Die beste raad wat enige bruid vir toekomstige paartjies kan gee, is om tyd te maak vir mekaar wanneer julle die troue beplan. Romantiese pieknieks, flieks of uiteet gaan beslis nie deel wees van jou beplanning wanneer jy op gewigsverlies fokus nie. Dit kan veroorsaak dat hy nie weet hoe om jou te bederf nie en julle mekaar eerder vermy as om saam te ontspan.

Hiermee sê ons glad nie dat jy nie ’n plan moet maak as jy voel jy het ’n paar kilogramme om af te skud voor jou groot dag nie. Onbeplande, kits-gewigsverlies is egter nie die beste idee nie. Niks wat die moeite werd is in die lewe is maklik nie.
Ons raad is:
* Begin die dag na hy die ja-woord gevra het om gesonder te lewe en oefening te doen.
* Besluit of gewigsverlies regtig noodsaaklik en die moeite werd is vir jou groot dag.
* Gaan pas gereeld jou rok aan, sodat jou ontwerper verstellings kan maak en op hoogte kan wees met verwikkelinge.

Gewigsverlies kan goed of sleg wees voor jou groot dag, dit hang net af hoe jy dit benader.

Foto: Superstitch
 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA