hou jou troeteldier se tande skoon1
Julle het pas ’n nuwe troeteldier gekry en wil graag van die begin af seker maak dat hy gelukkig en gesond is. Begin dan deur van die begin af sy tande skoon te hou, want vrot tande sal in die toekoms baie nadelige gevolge hê vir jou dier en jou beursie.

Selfs van die beste troeteldiereienaars sal heel moontlik aan jou erken dat hulle nie hulle diere se tande gereeld genoeg borsel nie. Dit is daarom nie vreemd dat mondsiektes een van die siektes is wat gereeld onder ouer troeteldiere gediagnoseer word nie. As jy graag jou veeartsrekening wil laag hou en wil verseker dat jou troeteldier gesond en gelukkig is, moet jy mondhigiëne ’n daaglikse roetine maak.

Volgens Dr. Guy Fyvie, ’n raadgewende veearts by Hill’s Pet Nutrition, is voorkoming beter as genesing. “Mondsiektes is pynlik, kan lewensgevaarlik wees en kan ook ’n baie duur storie word wanneer gereelde mediese aandag nodig is. Goeie mondhigiëne kan vir jou dier ’n langer en gesonder lewe verseker.”

Mondsiektes kom voor wanneer speeksel, proteïen, bakterië en voedselpartikels kombineer om plaak te vorm, wat dan om die tande opbou. Plaak wat met tandvleis in aanraking kom, veroorsaak irritasie, rooiheid en swelling – die begin van mondsiektes – wat dan lei tot verdere irritasie, stink asem, tandvleisontsteking en los tande. Plaak Oral disease occurs when saliva, proteins, bacteria and food particles combine to form plaque that builds up on the teeth. Plaque in contact with the gums causes irritation, reddening and swelling – the beginning of oral disease – which eventually leads to further irritation, smelly breath, gingivitis and loose teeth. Plaak vorm ook tartar wat die tandvleis kan irriteer en die broeiplek is vir gevaarlike bakterieë.

Om van opgeboude plaak en tartar ontslae te raak vereis narkose en kan baie duur wees, veral saam met die ondersoekkoste en medikasie. Maar buiten daarvoor is dit ook nadelig vir jou troeteldier se gesondheid. “Mondsiektes veroorsaak bloeiende tandvleise, tande wat verkleur, slegte asem, vrot tande, los tande en ongemak. Die bakterieë wat veroorsaak word kan ook skadelik wees vir jou duur se hart, lewe en niere,” sê Dr. Fyvie.

Hier is vier maniere om jou troeteldier se mond gesond te hou:

  1. Vra jou veearts om jou troeteldier se tande te ondersoek – maak dit sommer deel van die jaarlikse besoek, sodat julle betyds kan optel as iets fout is. Neem jou dier dadelik veearts toe as hy simptome soos bloeinde tandvleis of slegte asem het.
  2. Begin ’n gereelde roetine by die huis waartydens jy gereeld jou dier se tande borsel. Dis beter om hierdie gewoonte sommer van kleins af vir hulle aan te leer. Jy kry tandepasta en –borsels wat spesiaal vir hierdie doeleindes vervaardig word. Moenie menstandepasta gebruik nie.
  3. Kies kos wat mondhigiëne bevorder. Hill’s Science Plan Oral Care en Hill’s Prescription Diet® t/d is die enigste kosse in Suid-Afrika wat die Veterinary Oral Health Council se Seal of Acceptance gekry het vir die doeltreffende beheer van vlekke, plaak en tanvleisontsteking. Hierdie gebalanseerde kos is geskik vir langtermyngebruik en bevat ’n spesiale veselsamestelling wat werk soos ’n eetbare tandeborsel en dus jou troeteldier se tande skoonmaak soos wat hy eet. ’n Goeie immuunstelsel is ook belangrik en daarom is dit nodig om seker te maak dat die kos wat jy kies die regte balans van voedingstowwe bevat en ryk is aan antioksidante, vitamiene en minerale.
  4. Koop tandvriendelike speelgoed. Stokkies, bene en plastiese Frisbees kan tande beskadig.
  5. Gesels met jou veearts om meer raad oor die versorging van jou troeteldier se tande te kry. Vir meer inligting oor Hill’s se reeks kossoorte, besoek hulle webblad, kuier saam met hulle op Facebook of volg hulle op Twitter.
  6. “Enigiemand wat al tandpyn gehad het, weet hoe seer dit kan wees. Dit is iets waardeur jy nie graag jou beste vriend wil sit nie,” sê Dr. Fyvie.

WEN!!

hou jou troeteldier se tande skoon2

Twee gelukkige lesers (een kat- en een hondeienaar) kan elkeen ’n heerlike prys van Hill’s Pet Nutrition wen. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie inskrywing op Facebook te LIKE, te SHARE en onderaan vir ons te sê of jy ’n hond of kat het.

Die gelukkige hondeienaar sal ’n sak Hill’s Science Plan Oral Care + ’n slaapsak wen, terwyl die kateienaar met ’n sak Hill’s Science Plan Oral Care + ’n katkoshouer sal wegstap. Skryf dadelik in om ’n kans te staan om te wen.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA