Inspirasie is soms al wat jy nodig het om lewe te gee aan die perfekte prentjie wat in jou kop en hart leef. Hier is idees as vlootblou en rooi op die kaarte is vir julle troue.


Vlootblou en rooi is deesdae nogal ’n gewilde kleure vir troues. Dit was ook die hoofkleure in hierdie gestileerde fotosessie, wat vir jou ’n tikkie ekstra inspirasie sal gee wanneer jy troue beplan. Ons het by Marika Wilkins gaan uitvind wat die idee agter die sessie was.

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE MET HIERDIE SESSIE SKEP?
“Ons wou iets vars en nuut skep om as inspirasie te dien vir bruide. Die model het pragtige oë en ons wou dit graag ook aanvul met die kleurskema. Ons het die rok gekies en daarrondom gewerk en beplan.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA?
“Die hoofkleure was vlootblou en rooi, maar grys en wit is ook ingewerk vir ekstra inspirasie.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE TEMA BESLUIT?
“Hierdie elegante, somertema, is geskik vir bruide van enigie ouderdom. Ons wou iets romanties skep, maar steeds ’n bietjie kleur inbring.”

WATTER KLEUR IS TANS BAIE GEWILD?
“Wit is beslis baie gewild en komplementeer byna enige ander skakering. Dit help ook om die kleur uit te bring en ’n indruk te maak.”

WATTER BLOMME IS GEBRUIK IN DIE SESSIE?
“Ons inspirasie was wit blomme, wat ons met groenigheid afgewissel het om dit ’n bietjie te breek. Groenigheid is ook tans baie gewild.”

WAT IS JOU RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Jou troue hoef nie altyd by tradisie te hou nie. Kies waarvan jy hou en waarmee jy gemaklik voel. Laat jou inspirasie die dinge wees wat jou gelukkig maak en omring jouself daarmee.”

Vir nog idees en inspirasie, volg ons op Pinterest en Instagram.

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Hertford Country Hotel
Blomme: Some Day Flowers & Decor Styling
Skryfbehoeftes: I Do – Creative Concepts
Troukoek: Honey Bee Baker
Fotograaf: Marika Wilkins Photography
Rok: Silver Swallow Design
Hare: Beauty and The Brush
Grimering: CK Make-up for All Occasions
Kinderklere: Baa Baa Black Sheep

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA