Trou_idees

’n Gasteboek is nie meer daardie vervelige boekie wat jy net een keer in tien jaar uit ’n boks in die motorhuis krap nie, dit is nou iets baie meer… uniek, kleurvol en dit versier daardie leë muur in jou huis. Dit is iets wat deel is van jou dekor en iets waarna jy elke dag kan kyk om jou te herinner aan julle spesiale dag en die mense met wie julle dit gedeel het.

————————————————–

KOOP JOU TROUKOORS TYDSKRIF DEUR HIER TE KLIEK.Troukoors_tydskrif_bladsye
Wanneer ’n mens trou is dit ’n baie spesiale tyd in jou lewe, wat net eenmaal in ’n leeftyd plaasvind. Daarom moet jy seker wees dat jy al die mooiste idees en inspirasie gesien het voor jy finale besluite neem en die beste raad kry om in gedagte te hou wanneer jy jou perfekte dag reël.

Troukoors se héél beste artikels het ons spesiaal gehou vir ons pragtige glanstydskrif! Dit is propvol doen-dit-self idees vir verskillende style en kleurskemas, inspirasie deur middel van regte troues en bruide wat hulle wenke met jou deel, smullekker resepte vir ’n selfdoen troue (of om manlief na die troue te bederf), huisdekor idees vir julle nuwe nessie, verhoudingsadvies (wanneer julle nie saamstem oor die begroting of gastelys nie en sy sokkies, wat alwéér op die vloer lê, jou grensloos irriteer), plek om notas te maak en die diensverskaffers wat jy oorweeg se kontakbesonderhede op een plek neer te skryf.

Troukoors is al wat jy nodig het gedurende hierdie opwindende (en soms stresvolle) tydperk in jou lewe en ideaal om in jou trommeltjie te bêre saam met al jou ander sentimentele herinneringe van julle troudag. Die winkels se voorraad het reeds uitverkoop, maar jy kan Troukoors nog direk by ons bestel. Die tydskrif kos slegs R59.90 (ons betaal die geregistreerde pos, wat 100% betroubaar is, en verpakking van R29.50 nou namens jou). Kliek hier vir ons bankbesonderhede (dit is maklik en vinnig) en hou ook binnekort Suid-Afrikaanse bruide se geliefkoosde tydskrif in jou hand vas!

————————————————–

 

ARTIKEL VERVOLG: Interessante idees vir jou gasteboek

Gasteboeke is baie meer as net nog ’n uitgawe op jou groot dag. Alhoewel baie paartjies steeds ’n tradisionele boek verkies, gebruik baie deesdae iets meer modern soos ’n gasteboom of gasteboks wat na die tyd weer gebruik kan word. Dit is ook ’n oulike manier om gaste vir ’n rukkie besig te hou.

Alhoewel dit by jou troue se tema en kleur moet inskakel, moet dit tog van so ’n aard wees dat dit ook jou huis se dekor sal komplementeer. Kies dus die kleure oordeelkundig en besluit op ’n tema wat vir julle, as paartjie. spesiaal is.

As julle byvoorbeeld verloof geraak het tydsens ’n lugballonrit, kan julle ’n lugballon laat maak met ’n klomp ballonne waarop gaste kan skryf en dit in julle huis ophang. Baie paartjies voel dat hulle liefde soos ’n boompie is, wat versorg moet word sodat dit nie doodgaan nie. Dan is ’n gasteboom die ideale oplossing vir julle en kan gaste saadjies van wysheid in julle huwelik plant.

Dit is ook deesdae gewild om ’n harteraam te kry. Hierdie tipe gasteboek kan natuurlik vir enige geleentheid gebruik word, van troues tot verjaardagpartytjies en kombuistee’s. Gaste skryf dan hulle boodskappe op ’n hartjie of vorm van jou keuse en gooi dit in die raam in. Dit is ’n oulike idee as julle nogal tema-gebonde is en die opsies is eindeloos.

Interessante idees vir jou gasteboek 2

Me & U Design & Decor het ’n klomp opsies beskikbaar, kontak hulle gerus by sales.meandyou@gmail.com vir meer inligting en gaan LIKE hulle blad op Facebook.

Artikel: Shalane Goosen van Me & U Design & Decor.
Hooffoto: Strangely Yours
Ander foto’s: Inspiring Pretty en Me & U Design & Decor

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA