Ons nuwe uitgawe is op die rak en ons het Italië was ons inspirasie. Hier is die perfekte resepte vir ’n piekniektroue met Italiaanse geur. Om meer van hierdie resepte en foto’s te sien, loer in die tydskrif!

’n Piekniekatmosfeer by ’n troue kan baie romanties wees, veral as jou troue nog boonop ’n Italiaanse tema het. Lorraine Swanepoel van Bang-vir-Bak en Troukoors se kosredakteur, deel hierdie interessante Italiaanse resepte, wat net so maklik is om te maak as om dit te eet.
 
Biltong- en bessieslaaibottels
Genoeg vir: 6 x 300ml-bottels
Tyd: 15 minute

Bestanddele:
200g fynbiltong
160g pak roketblare
Granaatpitte
Vars bessies
Bosbessies
Balsamiese aftreksel

Metode:

  • Plaas al die bestanddele, behalwe die balsamiese aftreksel in lagies binne-in die slaaibottels. Gooi die aftreksel oor en sit voor.

Wenk: Jy kan jou gaste bederf deur vars avokado, Parmesaankaaslinte, pers olywe en pekanneute by jou slaai te voeg. Jy kan die Parmesaankaaslinte met ’n groenteskiller maak en onthou om jou avokado liggies in lemoensap te laat lê om te keer dat hulle verbruin in jou slaai. Lemoensap is nie so skerp soos suurlemoensap nie.

Gevlegde koeksisterbrood met basiliekruid-pesto
Genoeg vir 12 broodjies
Tyd: 1 uur

Bestanddele:
1 pak winkelbrooddeeg
100g vars basiliekruidblare
100ml olyfolie
2 knoffeltoontjies
50g sonneblomsade of makadamianeute
40g Parmesaan of enige harde kaas, fyn gerasper
Sout na smaak.

Metode:

  • Knie die winkeldeeg af. Vorm vlegsels met die brood tot al die deeg op is. Ongeveer 100g deeg per vlegsel.
  • Plaas die deegvlegsels op ’n gesmeerde bakplaat en bak teen 180C vir 25 tot 35 minute of tot ligbruin. Smeer die brode liggies met botter as jy wil – dit gee ’n lekker smaak
  • Vir die basiliekruid-pesto, plaas al die bestanddele (behalwe die brooddeeg) in ’n voedselverwerker en meng behoorlik. As jy van ’n gladde pesto hou, verwerk goed vir 2 tot 3 minute. As jy van ’n meer growwe pesto hou, gebruik die polsaksie ’n paar keer tot net gemeng. Pesto kan vinnig bruid raak as dit oksideer met suurstof, so jy kan ’n paar druppels suurlemoensap ook byvoeg om dit te voorkom. Jy kan selfs die pesto meng met roomkaas of 100ml dubbelroomjoghurt om ’n romerige doopsous te maak. Sit die pesto voor saam met die brood en plaasbotter.Melktertglasies
    Tyd: 40minBestanddele:
    1 blikkie kondensmelk
    750ml volroommelk
    75ml koekmeelblom
    75ml suiker
    3 eiers geklits
    Kaneel
    Tennisbeskuitjies, fyn gekrummelMetode:
  • Plaas die kondensmelk en melk saam in ’n mediumgrootte kastrol. Verhit en maak seker jy roer aanhoudend sodat dit nie aanbrand nie.
  • Meng die koekmeelblom, suiker en ’n bietjie melk saam. Voeg die eiers by en klits goed.
  • Gooi ’n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel en meng goed. Gooi dan die lou eiermengsel saam by die res van die warm melkmengsel en plaas terug op die plaat. Kook verder oor medium hitte, terwyl jy aanhoudend roer. Hou aan daarmee vir vyf minute totdat die mengsel verdik en gaar word.
  • Hou die mengsel eenkant om af te koel.
  • Skep ’n bietjie van die koekiekrummels onder in elke bakkie. Volg met ’n laag van die melktert vulsel en strooi kaneel bo-oor. Herhaal die proses totdat die bakkies vol is.
  • Verkoel in die yskas tot jy gereed is om jou piekniekmandjie te pak.
    Om jou troue ’n Italiaanse gevoel te gee, begin met die voorsit van die regte kos.Kry gerus ons nuwe uitgawe! Dit is beskikbaar by uitgesoekte Spar-, PNA-, Checkers-, PnP- en Clicks-winkels.

    DIENSVERSKAFFERS
    Plek: Morgenzon Guesthouse, Conference & Wedding Venue
    Stilering, dekor en blomme: Bella Fiore
    Kos en drankies: Cocovanilla Foods
    Skryfbehoeftes: Dearly Beloved by Bianca le Roux
    Strooimeisierokke: The Maiden
    Foto’s: Mandy Stander Photography
    Hare: Hair and Makeup by Liesl
    Grimering: CK Makeup for All Occasions
    Leerbykomstighede, afdak en kaasbord: Design by Q & A

     

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA