Gratis screensaver vir Maart
Verfraai jou slimfoon, tablet of rekenaar elke maand met ’n pragtige screensaver van Creative Heroes. Jy kan dit hier gratis aflaai.

————————————————–

KOOP JOU TROUKOORS TYDSKRIF DEUR HIER TE KLIEK.Troukoors_tydskrif_bladsye
Wanneer ’n mens trou is dit ’n baie spesiale tyd in jou lewe, wat net eenmaal in ’n leeftyd plaasvind. Daarom moet jy seker wees dat jy al die mooiste idees en inspirasie gesien het voor jy finale besluite neem en die beste raad kry om in gedagte te hou wanneer jy jou perfekte dag reël.

Troukoors se héél beste artikels het ons spesiaal gehou vir ons pragtige glanstydskrif! Dit is propvol doen-dit-self idees vir verskillende style en kleurskemas, inspirasie deur middel van regte troues en bruide wat hulle wenke met jou deel, smullekker resepte vir ’n selfdoen troue (of om manlief na die troue te bederf), huisdekor idees vir julle nuwe nessie, verhoudingsadvies (wanneer julle nie saamstem oor die begroting of gastelys nie en sy sokkies, wat alwéér op die vloer lê, jou grensloos irriteer), plek om notas te maak en die diensverskaffers wat jy oorweeg se kontakbesonderhede op een plek neer te skryf.

Troukoors is al wat jy nodig het gedurende hierdie opwindende (en soms stresvolle) tydperk in jou lewe en ideaal om in jou trommeltjie te bêre saam met al jou ander sentimentele herinneringe van julle troudag. Die winkels se voorraad het reeds uitverkoop, maar jy kan Troukoors nog direk by ons bestel. Die tydskrif kos slegs R59.90 (ons betaal die geregistreerde pos, wat 100% betroubaar is, en verpakking van R29.50 nou namens jou). Kliek hier vir ons bankbesonderhede (dit is maklik en vinnig) en hou ook binnekort Suid-Afrikaanse bruide se geliefkoosde tydskrif in jou hand vas!

————————————————–

Artikel vervolg…

Die jaar het gevlieg en dit is Maart… amper tyd vir langnaweke, vakansie en kwaliteittyd saam met jou geliefdes. Daarom wil Creative Heroes jou graag vir hierdie maand met hierdie mooi screensaver bederf. Daar is darem niks lekkerder as om ’n mooi screensaver of agtergrondprentjie op jou rekenaar of ander slimtoestelle te hê nie… veral as jy baie tyd met hierdie toestelle spandeer – soos wanneer jy trou en al jou reëlings heeltyd moet neerpen. Dit is beskikbaar vir elke toestel waaraan jy kan dink – al wat jy hoef te doen is om op een van die onderstaande skakels te kliek om een vir jou slimtoestel of rekenaar af te laai.

As jy ’n Samsung het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPhone het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPad het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iMac het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n Skootrekenaar het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

Creative Heroes verpersoonlik trouskryfbehoeftes en is mal oor mooi goedjies wat ’n kreatiewe aanslag het. Skryfbehoeftes word volgens kliënte se persoonlike behoeftes ontwerp en hulle sal seker maak dat alles – van die merk-die-datum-uitnodigings tot die dankiekaartjies op die tafels – by jou funksie se dekor en tema inpas. Skryfbehoeftes word op ’n wye verskeidenheid papier gedruk en hulle maak ook gebruik van verskillende tipes drukmetodes – wat wissel van drukpers (letterpress), foeliedruk (foiling), bosselering (embossing) en fyn afwerkings soos lasersnywerk (laser cutting).

Vir meer inligting, skakel 079 492 2532, stuur ’n e-pos na nadia@creativeheroes.co.za of besoek hulle webblad.

Gaan LIKE hulle ook op Facebook.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA