Jou troudag is iets waarvan jy al van kleins af droom! In die warrelwind van troubeplanning kan ons vroumense obsessief raak oor om die perfekte rok, skoene, haarstyl en grimeerstyl te vind… maar wat van die juwele?
Te veel bruide maak die kies van die perfekte juweliersware vir hulle troudag af as onbelangrik. Maar hierdie elemente is prominent op jou troudag en pronk op elke troufoto. So moet dit nie uitstel tot op die nippertjie nie.
Zoë, ’n juwelekenner van Just Bello, deel met ons 5 wenke om die perfekte juwele vir jou troudag te kies.
1. WEES JOUSELF
Jou troudagstyl moet jou individualiteit vier en jou natuurlike skoonhied laat skitter. As jy ’n “bling diva” is, spog met wie jy is deur om ’n pragtige paar aandagtrekkende oorbelle deel van jou troudag ensemble te maak. “Plain Jane”-bruide kan hulle liefde vir eenvoud vier deur klassieke juweliersware, soos die pragtige oorknoppies, te dra. Juweliersware soos dié sal hulle allerdagse styl opkikker sonder om van hul unieke persoonlikheid as bruid te verloor.
2. HOU JOU VERLOOFRING EN TROUROKONTWERP IN GEDAGTE
Die rol van juweliersware op jou troudag is om jou skoonheid te beklemtoon, sonder om aandag af te trek van jou kosbare trourok en verloofring. Die meeste bruidjies raak totaal angstig wanneer hulle juwele moet kies vir hulle groot dag. Ek stel altyd voor om eenvoudig te begin – maak seker jou keuses pas in by die metaalkleur van jou verloofring. Moet egter nie skrikkerig wees om kleure te meng nie – ’n roosgoud- en silwer-kombinasie is tans ’n populêre tendens en voeg warmte by vir die meeste velskakerings.
Hou egter altyd in gedagte die spesifieke styl van jou rok.’n Klassieke kant trourok sal perfek pas by ’n Prinses Diana-trosontwerp. Bruide kan byvoorbeeld die pêrels op hul rok weerspieël met delikate pêreljuwele – pienk pêrels komplementeer die kleur van ’n sagte pienk trourok goed. Ek vind dat kontemporêre bruide meer eenvoudige, moderne lyne in juweelontwerpe verkies.
3. PÊRELS
Wanneer onsekerheid jou tref – dra pêrels! Dit is altyd my raad aan enige bruid wat trou in enige seisoen. Pêrels is sag, eenvoudig en maak die perfekte troujuwele. Een van die grootste voordele van pêrels is dat bruide dit weer na hulle troudag kan dra en deel maak van hul kern juweliersversameling. Maar klassiek beteken nie vervelig nie en nuwe, opwindinde pêrelontwerpe word gereeld bekendgestel in die mark. Ongeag jou ontwerpkeuse – pêrels bly tydloos! Jy mag dalk gelukkig wees en jou troudagpêrels by jou Ouma erf en dien dit dan ook as jou something borrowed.
4. HOU DIT EENVOUDIG
’n Kerfeesboom is die laaste ding waaraan ’n bruid haar gaste wil herinner op haar troudag. Dus, alhoewel juwele ’n belangrike element van jou dag is, beperk jouself tot ’n paar onvergeetlike stukke. Deur om pragtige oorbelle saam met ’n armband te dra kan ’n bruid maklik ’n klassieke styl uitbeeld. Hierdie juwele sal mooi verskyn in jou portretfoto’s en foto’s gefokus op jou ruiker en ringe. ’n Ander alternatief is om oorbelle en ’n delikate hangertjie te dra. Maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat eenvoudige halslyne die beste pas by hangertjies.
5. DINK VERDER AS JOU TROUDAG
Kwaliteit juweliersware, in teenstelling met klere, is uniek in die sin dat dit gereeld gedra kan word gedurende jou leeftyd, sonder om oud en vervelig te word. Dieselfde is waar van jou troudagjuwele! Hierdie kosbare juweliersware kan weer op spesiale geleenthede gedra word en sal dien as mooi herinneringe van een van die beste dae van jou lewe.
Ongeag jou persoonlike styl; juwele is net so belangrik soos jou troudaghaarstyl en -grimering. Moet asseblief nie dit los tot ’n maand voor die tyd of glad nie juwele dra nie! As jy onseker voel, verwys terug na die wenke in die artikel of stuur vir ons ’n e-pos by hello@justbello.com en ons sal met liefde vir jou persoonlike raad gee! Begin jou soektog na jou troudagjuwliersware op ons webblad vandag vir die bekende Vera’s Bridal Jewellery-reeks of ons nuwe, eksklusiewe Bellissima-reeks.
WEN!
Wen juwele, ter waarde van R5 745 vir jou en 4 strooimeisies! just-bello.com is ’n aanlyn-juwelewinkel met die mooiste troudagjuwele. Een gelukkige bruid gaan die volgende varswater pêrel- en silwerstelle wen vir haar troudag:
1 Bruidstel:
1 paar wit varswaterpêrel en silwer blom-oorbelle, 1 wit varswaterpêrel-armband, 1 x Thandana-grimeersakkie.
4 Strooimeisiestelle | Elke stel sluit in:
1 paar wit varswaterpêrel- en silwer oorknoppies, 1 wit varswaterpêrel-armband, 1 x Thandana-grimeersakkie.
Hoe om te wen?
- Like & Share die inskrywing op Facebook.
- Comment en sê vir ons op watter webwerf kan jy die mooiste juwele vir jou Troudag koop?
- Like Just Bello se Facebook-blad.
Terme en voorwaardes: Prys sluit slegs bogenoemde produkte in, ter waarde van R5 745. ’n Wenner sal deur die borg gekies en aangekondig word op 26 Mei 2016 en die besluit is finaal. Prys is nie oordraagbaar of onderhandelbaar vir kontant nie. Die borg se besluit is finaal. Alle stappe moet gevolg word vir jou inskrywing om geldig te wees. Wenner sal via Facebook gekontak word vir besonderhede.
Foto’s: Just Bello
Trourokke: Eveningwear X Change Dress Hire Somerset West