kombuistee
’n Kombuistee is vir baie bruide net so belangrik soos die troue. Daarom is dit belangrik om noukeurig te kies waar dit gehou word. Warm Karoo se splinternuwe restaurant, The Kitchen, is net die regte plek om dit te hou.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za

As jy in of naby Bloemfontein woon en graag ’n onvergeetlike kombuistee wil hê, moet hy beslis The Kitchen by Warm Karoo oorweeg as venue. Hierdie splinternuwe eetplek is nie net pragtig versier nie, maar bied ook ’n intieme atmosfeer wat ideaal is vir die perfekte kombuistee.

Wat is ’n kombuistee dan ook nou sonder ’n lekker glasie wyn? The Kitchen se wynkelder bevat meer as 200 handuitgesoekte wynsoorte, van meer as 70 van die land se voorste wynlandgoede – waaronder Kanonkop, Roodeberg, Klein Constantia en vele meer. ’n Tapas-spyskaart, vars gebakte brood, biltong, sop en ander eetgoed is beskikbaar vir jou spesiale geleentheid.

Sitplek is binne en buite beskikbaar, afhangende van die weer en daar is selfs Craft-bier vir diegene wat hul kombuistee ’n bietjie anders wil benader. The Kitchen spesialiseer in ’n unieke, outentieke ervaring, wat jonk en oud sal geniet.

Vir meer inligting, besoek Warm Karoo se webblad of The Kitchen se Facebook-blad.

Maak seker dat jy die beste plek kies vir jou spesiale kombuistee, want dit is immers die voorganger van jou groot dag… en as jy die nie self beplan nie, stuur hierdie artikel vir jou strooimeisie aan.


 

kombuistee_1

WEN!

Wen ’n ete vir vier by The Kitchen! Die prys sluit ’n Tapas-ete vir vier plus twee bottels wyn (wat by die spyskaart pas wat julle gekies het) in. Al wat jy hoef te doen is om hierdie inskrywing te LIKE & SHARE of Facebook en ook The Kitchen se blad te LIKE. Die wenners sal op 11 November 2016 aangekondig word. Deelnemers moet self vervoer reël Bloemfontein toe.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA