kombuisteegeskenke
Kombuisteegeskenke wissel deesdae van kombuisware tot geskenkbewyse. Volgense YuppieChef is die volgende 6 items die gewildste op hulle geskenkregister.

Opsoek na oulike kombuisteegeskenke? Lees verder om te sien wat tans gewild is en waarmee jy die huidige bruid in jou lewe kan bederf.

HUMBLE & MASH SPIRALIZER, R499
Stysel is deesdae vyand nommer een vir almal wat dun heupe wil hê, daarom sal die bruid baie bly wees oor hierdie handige item wat haar in staat sal stel om noedels te maak van ’n wye verskeidenheid groente – sodat sy stylselvrye ‘pasta’geregte kan maak. Die oulike toestel kom met verstelbare toebehore en is ’n moet vir enige gesondheidsbewuste kombuis. Beslis een van jou meer praktiese kombuisteegeskenke.

GOVINO PLASTIESE PIEKNIEK-ROOIWYNGLASE, R349 VIR 4
Kombuisteegeskenke hoef nie altyd vir die kombuis te wees nie en hierdie stel interessante rooiwynglase is ’n treffer onder almal wat mal is oor die buitelewe. Die glase is nogal spoggerig vir plastiekware en is ook ideaal vir swembadpartytjies of informele kuiers.

LAID BACK COMPANY JOIE DE VIVRE-EETGEREI- EN SOUSBOKS, R849
Hierdie nuttige houtboks hou tred met die nuutste dekortendense en is die perfekte geskenk vir ’n bruid wat hou van onthaal. As alle kombuisteegeskenke nou maar so prakties en stylvol was…

LAID BACK COMPANY ANNALIZE-BORD IN HARTJIEVORM, R259
Beslis ’n oulike keuse wanneer dit by kombuisteegeskenke kom. Hierdie rustieke houtbord is die ideale pasmaat vir enige bruid se etenstafel wanneer skoonma vir die eerste keer kom kuier. Warm potte kan daarop geplaas word tydens etenstyd, terwyl dit verder ook uiters mooi vertoon op ’n gedekte tafel. Vingerhappies kan ook daarop uitgepak word.

LE CREUSET STONEWARE OLYFOLIE- EN ASYNHOUERSTEL, R679
Olyfolie en balsamiese asyn is gewild wanneer dit by slaaie kom. Bederf die bruid in jou lewe met so ’n stel vir haar kombuis. Dit sal aan enigeen se smaak voldoen.
 
HUMBLE & MASH KOOKBOEKSTAANDER, R149
Hierdie is beslis een van die oulikste en mees bekostigbare kombuisteegeskenke wat jy kan kies. Verfraai jou vriendin se kombuis en maak kook vir haar makliker met een van hierdie nuttige staanders. Geskik vir kookboeke en tablette.

JAMIE’S 30 MINUTE MEALS, R379
Wat is ’n kombuistee nou sonder ’n bekende. Nooi Jamie Oliver na die bruid se kombuis deur haar (en jouself wanneer jy gaan kuier) te bederf met een van sy kookboeke! Hierdie item is geskik vir die besige bruid wat nog aan haar huwelik en loopbaan bou en bied maklike en vinnige aandete-opsies vir die gesin.

kombuisteegeskenke_2
Maak seker dat jy een van die oulikste kombuisteegeskenke gee wanneer jy weer so ’n geleentheid bywoon.

Vir meer inligting besoek YuppieChef se webblad.

Hooffoto: The Knot

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA