Liefde vind jou soms wanneer jy dit die minste verwag… selfs op iemand anders se troue. An- Sophie Louerens vertel ons meer oor hierdie interessante liefdesverhaal.


Dit was liefde met die eerste oogopslag toe Gareth en Karien mekaar op ’n troue ontmoet het. Gareth het per ongeluk sy rooiwyn op Karien uitgegooi, en nes goeie rooiwyn het hulle liefde net beter verouder.

Hulle deel hulle liefdesverhaal en droomtroue met ons.

HOE HET JULLE LIEFDE BEGIN?
“Ons was by ’n troue, elkeen met ’n ander metgesel. Later die aand het Gareth na my toe aangestap gekom om homself voor te stel, die langste, mooiste man wat ek nog gesien het, sy voet het vasgehaak en hy het sy hele glas rooiwyn op my uitgegooi. Dit was die begin van iets besonders.”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE HET GEMAAK DAT JULLE LIEF RAAK VIR MEKAAR EN HOE HET JULLE BESEF DAT JULLE BEDOEL IS VIR MEKAAR?
“Gareth se positiwiteit en passie. Hy toon soveel respek vir my. Ons deel dieselfde waardes en beginsels en hy is net so lief vir my familie soos ek is. Gareth vertel toe hy vir Karien ontmoet het was hy onder die indruk dat sy ’n tipiese Afrikaanse meisie is, en dat sy nooit sy liefde en kennis vir Classic Rock musiek sal deel nie. Sy het hom wel verkeerd bewys toe sy elke woord van Def Leppard, Bruce Springsteen en Queen kon saamsing. Net daar het hy besef dis sy droomvrou.”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU EN HOE LANK WAS JULLE VERLOOF?
“Ons gaan gereeld naweke weg of hê romatiese etes, so dit was nie vir my vreemd toe hy sê ons gaan die naweek weg nie. Die aand het ons ’n sesgang maaltyd geniet. ’n Tafel in die kelder was net vir ons twee gedek met kerse en sagte romantiese musiek. Net voor die nagereg het hy op sy knieë gegaan en sy liefde aan my verklaar. Ek het natuurlik, deur al die trane, ja gesê! Na 14 maande is ons getroud.”

HOE HET DIE BEPLANNING VAN DIE TROUE VERLOOP EN WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA?
“Die kies van ’n troudatum het ons gehelp om op ’n tema te besluit. Ons het venues besoek en verskillende plekke vergelyk. Dit was vir ons baie belangrik dat die kapel en onthaal op dieselfde plek is en Lezar was perfek. Die kleur van die troue was pluim en goud. Dit het die herfsseisoen mooi gekomplementeer met ’n elegante, antieke en romantiese tema en atmosfeer. Ek wou hê dat mense weer verlief raak op liefde.”

BESKRYF JULLE TROUDAG EN HET DAAR IETS AGTER DIE SKERMS GEBEUR?
“Ek het op ons troudag wakker geword met ’n rustigheid en opgewondenheid in my hart. Die realiteit van die dag het ingesink toe ek my rok aantrek en ons voor die kerkdeur staan. Die oomblik toe die kerkdeur oopgaan en ek vir Gareth sien kon ek nie meer die trane keer nie. Daar was so baie liefde in my hart. Die enigste ding wat verkeerd gegaan het was dat ons troukoek ingesak het aan die eenkant as gevolg van die slegte pad. Dis reggemaak en niemand het enigiets agter gekom nie, nie eers die foto’s gee dit weg nie.”

WATTER RAAD HET JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
* Vra altyd die wintertarief van die venue aan, dit is gewoonlik baie goedkoper.
* Ek sou aanraai om die rok te koop en alle bykomstigede te huur.
* Geniet elke oomblik en koester, dit gaan baie vinnig verby.

HET JULLE ENIGIETS SELFGEMAAK OP JULLE TROUE GEHAD?
Ons dankiegeskenkies met boodskappies is met liefde gemaak:
Heuningpotjies: “Love is sweet.”
Plantjies: “Let love grow,”
Koffie: “Love is brewing”.
Gareth se pa het vir ons troukoerantjies gemaak.
Vir gaste wat oorgeslaap het, beskuit (wat my ouma self gebak het) en ’n cappuccino-sakkie.

Van liefde met die eerste oogopslag tot voor die kansel het hulle die beste dag van hulle lewens gehad. Karien het geweet dat die res van haar lewe saam met haar beste vriend, sielsgenoot en die liefde van haar lewe vir haar wag! Soos goeie rooiwyn sal hulle liefde verbeter met veroudering.

Kliek hier om die lawwe gastefoto’s te sien wat geneem is in die elektronies fotohokkie.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördineerder, spyseniering en musiek: Lezar Opstal
Bloemiste en dekor: Sweet Pea Flowers and Décor, Vanderbijlpark
Ligte: Elegant Draping
Skryfbehoeftes: Greenroots Design and Arts Studio
Troukoek: Mirna, 0836291143
Fotograaf: Christopher Smith Photography
Vermaak: Faraway George
Trourok: Bridal Wardrobe
Hare: Just Because Hair Studio (Natasha Rontgen)
Grimering: About Me Tranquil Beauty Salon
Bruidegom uitrusting: Eurosuit, Rosebank
Fotohokkie: Snap-Ease Boothtography
Wittebroodreëlings: Sure Travel

Kliek hier vir die beste fotograwe in die land

ARTICA DESIGNS- GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

BERNICE FISHER PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Bernice_Fisher_Photography

CLAY STUDIOS – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

COMPASSION ART – LANDSWYD EN INTERNASIONAAL
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

compassion-art-dl

EL PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

EL Photographyu

FLORAL PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

HELLO LOVE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Hello_Love

ONE FINE DAY- GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

RDK PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

RDK_Photography

SIM(PLY)ONE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

SUANE LOURENS PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Suane-Lourens-Photogarphy-Directory-Listing

SULINE SLABBERT PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

WILDFLOWER PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Wildflower_Photography_Troukoors

WYNAND VAN DER MERWE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

wynand-van-der-merwe-photography

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA