Liefdesaanhalings is gewoonlik iets wat jou lank bybly nadat jy dit gehoor het. Hier is ’n paar waarvan ons gehou het.

Koop ons tydskrifte en boeke… kliek hier!

Daar is darem niks so mooi soos ’n romantiese fliek, waarin die paartjie smoorverlief is en die mooiste woorde in mekaar se oor fluister nie. Dit laat jou goed voel omdat dit die mooiste gedagtes, wat natuurlik baie goed uitgedink is voor die tyd, oor die liefde oordra en die hart raak. Dalk kan jy een of twee sulke liefdesaanhalings in jou troubeloftes, toespraak of heildronk gebruik. Ons het gaan kyk watter mooi liefdesaanhalings ons vir jou kon opspoor.

Jy kan hierdie liefdesaanhalings natuurlik ook gebruik in ’n SMS, Facebook-post of Twitter-boodskap vir jou liefie of lees dit sommer net omdat dit tone sal laat omkrul.

Liefdesaanhalings uit bekende flieks:

“Liefde kan jou vind wanneer jy dit die minste verwag.” – Bakgat

“Ek is lief vir jou. Ek is wie ek is as gevolg van jou. Jy is my enigste rede, hoop en droom. Dit maak nie saak wat in die toekoms met ons gebeur nie, want elke dag saam met jou is die beste dag van my lewe. Ek sal altyd joune wees.” – The Notebook

“Ek is bang om hier uit te stap en nooit weer, vir die res van my lewe, te voel soos wat ek voel wanneer ek by jou is nie.”– Dirty Dancing

“Die dood kan nie ware liefde stop nie. Al wat dit kan doen is om dit vir ’n rukkie uit te stel.” – The Princess Bride

“Dit maak nie saak of die ou perfek is en of die meisie perfek is nie, solank hulle perfek is vir mekaar.” – Good Will Hunting

“Ek sal liewer môre doodgaan as om ’n honderd jaar te moes lewe sonder om jou te ontmoet.” – Pocahontas

“Liefde is soos die wind. Jy kan dit nie sien nie, maar jy kan dit voel.” – A Walk to Remember

“As jy besef dat jy lief is vir iemand… dan sê jy dit net daar vir die persoon. Anders gaan die oomblik vir altyd by jou verby.” – My Best Friend’s Wedding

“’n Lewe sonder liefde, is nie ’n lewe nie.” – A Cinderella Story

“My hart is en sal altyd joune wees.” – Sense and Sensibility

“Liefde is vriendskap met passie.” – The Perfect Man

“Ek is liewer vir jou as wat enigiemand nog ooit vir iemand anders kon wees.” – 50 First Dates

“Volgens my is die beste ding wat jy kan doen, om iemand te kry wat lief is vir jou vir wie jy is, ten spyte van jou buie, voorkoms en persoonlikheid.” – Juno

Wat is jou gunsteling liefdesaanhalings uit flieks? Miskien vind jy dit in een van hierdie pragtige Suid-Afrikaanse flieks, wat jy met komplimente van Ster-Kinekor Entertainment kan wen, in Troukoors se nuwe uitgawe wat nou op die rak is! Skryf nou in!

Foto: GlossGlam

Kliek hier om die perfekte fotograaf vir jou groot dag op te spoor…

 

BERNICE FISHER PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Bernice_Fisher_Photography

CLAY STUDIOS – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

COMPASSION ART – LANDSWYD EN INTERNASIONAAL
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

compassion-art-dl

EL PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

EL Photographyu

FLORAL PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

HELLO LOVE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Hello_Love

ONE FINE BEGINNING – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

RDK PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

RDK_Photography

SIM(PLY)ONE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

SUANE LOURENS PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Suane-Lourens-Photogarphy-Directory-Listing

SULINE SLABBERT PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

WILDFLOWER PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Wildflower_Photography_Troukoors

WYNAND VAN DER MERWE PHOTOGRAPHY
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

wynand-van-der-merwe-photography

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA