Liefdesverhaal
Hulle liefdesverhaal het perfek gepas by die windpompe wat die hooftema by Hennie en Elta se troue was. Saam met aardse kleure en hessian, het hulle dit reggekry om ’n besonderse plaasatmosfeer te skep, wat gaste altyd sal onthou.

liefdesverhaal_2

SO HET DIE LIEFDESVERHAAL BEGIN…

Hennie en Elta se liefdesverhaal het by die Hart van die Windhoek-fees in 2011 begin. “Ons het albei mekaar dadelik raakgesien, maar nie een van ons het geweet dat die ander een belangstel nie. Dat was werklik liefde met die eerste oogopslag, soos ’n liefdesverhaal in ’n storieboek. Hy het later die aand moed gekry en met my kom gesels en vyf daar daarna het hy my eers vir die eerste keer gebel.”

HOE HET HY DIE GROOT VRAAG GEVRA?
“Ek het altyd vir hom vertel hoe graag ek nog Erindi Wildlife Resort toe wil gaan en het my een naweek verras met ’n wegbreek soontoe. Daar het hy tydens ’n beplande wildrit my gevra om te trou en so het ons liefdesverhaal na die volgende stap gevorder.”

VERTEL ONS MEER OOR JULLE TROUBEPLANNING?
“Ek het heel eerste ’n gastelys opgestel en toe besluit waar ek dit wil hou. Ons het besluit op hout, wit kant en woestynrosies, omdat dit vir my so mooi maar steeds eenvoudig en stylvol is en so mooi by ons liefdesverhaal pas. Ons het skoon; aardse kleur gesoek – so alles was bruin en wit met ’n  titseltjie groen (woestynrosies). Ons het ’n plaastema gehad en daar was baie hout windpompe wat oral in die dekor en selfs as borsspelde ingespan is. Ek wou die atmosfeer rustig en intiem hou, sodat almal gemaklik kon wees en as ’n groep saamkuier.”

liefdesverhaal_3

BESKRYF JULLE TROUDAG?
“Ek was baie rustig op die dag en kon nie glo dat die dag waarop ons ons liefdesverhaal sou verewig uiteindelik aangebreek het nie. Na maande se belplanninig en stres, het die dag gekom en die einresultaat was beslis die moeite werd. Daar is absuluut niks wat ons aan ons troudag wou verander nie. Die dag was vol liefde en vreugde. Almal was saam ons opgewonde en omdat ons soveel naastes genooi het, en nie net kennise nie, was die hele dag net so kalm en almal op hul gemak.”

HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE?
“Ek sou sê dat dit belangrik is om te weet wat jy wil hê voordat jy begin beplan. En dan moet jy natuurlik ook ’n plan B hê. Almal bedoel goed deur vir jou raad te gee, so as jy nie presies weet wat jy wil doen op jou troudag nie, kan dit jou vinnig deurmekaar maak. Kyk ook mooi dat jou troue nie te bont raak nie. ’n Mens kry soveel oulike idees, maar jy kan ongelukkig nie alles op een dag laat saamwerk nie. Besluit wat vir jou die mooiste is en hou by daai tema om julle liefdesverhaal ’n realiteit te maak. Stel eerstens jou gatelys op en moenie skuldig voel om nie die oom te nooi wat altyd by jou ouma gaan kuier nie. Ons het vreeslik baie werk gehad voor en op die troue omdat ons alles self wou doen. Ons het nie net geld gespaar nie, maar ook als presies gedoen soos ons dit graag wou hê.”

liefdesverhaal_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Plaas Mentien
Spyseniering: Marietjie Joubert
Blomme: Rae de Lange – Charney Spar Mariental
Troukoek: Marieta Vollgraaff
Fotograaf: ButterflyBeatWave Photography
Trourok: Bride & Co Canal Walk
Hare: Heletje de Witt
Grimering: Carissa Nel en Elmarie van Heerden
Bruidegom se uitrusting: Otto Muhr, Truworths en Aldo Shoes
Ring: Maretha Louw Goldsmith; mljewellers@iway.na
Houttoebehore: Jenny’s Place Arts and Craft; www.jennysplace.iway.na
Windpomp-plakkers: Bastion Farm Stall & Coffee Shop

ERWS-BANNER-20-96x14

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA