Lyk stylvol wanneer jy troue beplan
Forever New maak dit hierdie winter vir jou maklik om stylvol te lyk wanneer jy verskaffers en koördineerders moet gaan sien vir die troue wat jy beplan.

Winter is om die draai en met die trou-seisoen, wat nou vir eers bietjie rustiger raak, is hierdie die perfekte tyd om jou troureëlings onder beheer te kry.

Wanneer dit by die beplanning van jou troue kom, wil jy tog professioneel genoeg lyk dat mense jou opinie ernstig opvat en luister wanneer jy praat. Jy wil nie oorrompel word deur ’n troukoördineerder wat dink jy weet nie waarvan jy praat omdat jy met flip flops opgedaag het by julle eerste ontmoeting nie. Daar is nie verniet ’n slagspreuke wat sê: “Eerste indrukke is blywend” nie.

Met Forever New se nuwe Snow Blossom-winterreeks, wat beskikbaar is in Edgars-klerewinkels, kan jy stylvol en warm wees wanneer jy gedurende dié winter jou troue beplan. Hieronder volg ’n paar voorbeelde uit die reeks wat jy na jou belangrike afsprake kan aantrek.

Lyk stylvol wanneer jy troue beplan 1

Lyk elegant en stylvol in hierdie uitgewasde demin en gebreide hemp. Met Forever New se Poppy Mid Rise Ankle Gazer Jeans en Ellie Roll Neck Step Hem Tank Top, sal jy deftig genoeg lyk om belangrike afsprake by te woon, maar informeel genoeg om gemaklik aan te gaan met die res van jou dag.
Ellie Roll Neck Tank Top: R799
Poppy Mid Rise Grazer Denim: R699
Portia Point-hoëhakstewels: R899
Sara Scatter Stone-horlosie: R399
Charlie Stone Stud-oorbelle: R129
Lori-foonsak: R199

Lyk stylvol wanneer jy troue beplan 2

Ons tweede opsie is vloeiend en sjiek. Lyk vrolik en vroulik in Forever New se langmou en gestreepte Aurelie Midi-romp.
Pippa Rib Crop Top: R499
Aurelie Midi-romp met strepies: R899
Stella Mid-hakskoenne: R699
Alexia Stone Stud-oorbelle: R129
Samira Bow & Heart-ringstapel: R149
Candice Camel-handsak: R649

Met enige van hierdie semi-formele voorkoms-opsies is jy is reg om jou diensverskaffers, troukoördineerder, venue ensovoorts te sien en daarna aan te gaan met jou dag. Die uitrustings is stylvol, maar steeds gemaklik.

Vir die tye wat jy nodig het om elegant en formeel te lyk, het ons die volgende twee opsies vir jou saamgestel uit die nuwe Forever New-reeks.

Lyk stylvol wanneer jy troue beplan 3
Swart lyk altyd stylvol en formeel. Die Kim Maxi-rok is die perfekte swartnommertjie om in jou kas te hou vir spesiale geleenthede en selfs ’n vriendin se wintertroue.
Kim Maxi-rok: R1 299
Swart Bella tweestuk-hoëhaksoene: R749
Nadine Clutch-handsak: R399
Alexia rekbare armband: R349
Theresa tweekleur horlosie: R399

Lyk stylvol wanneer jy troue beplan 4Ons tweede formele opsie is die koningsblou Eliza Maxi-rok. Die gebosseleerde neklyn sorg vir ’n fraai fokuspunt. Dit is die ideale uitrusting om te dra wanneer jy en manlief aansit om die proefete vir julle troue te geniet… Die Ebony Check Blanket Cape sal jou warm hou terwyl jy die koue trotseer.
Eliza Maxi-rok: R1 899
Ebony Check Blanket Cape: R1 299
Beige Bella tweestuk-hoëhakskoene: R749.00
Hazel-ring met gemengde stene: R199
Patricia Curved Mini Flower-oorbelle: R149
Michelle Clutch-handsak: R449

Artikel saamgestel deur Christell du Preez

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA