Jou ma se smaak stem nie noodwendig met joune ooreen nie, maar sy kan steeds deel wees van julle troue sonder om oor te neem, of te doen waarvan jy nie hou nie. Lees verder om uit te vind hoe.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Troues het nou maar een maal die manier om almal se emosies en senuwees op hol te jaag – en selfs ma’s en bruide wat normaalweg beste vriendinne is, sit soms vas in hierdie tyd. Baie ma’s wil dit op hulself neem om alles te reël en ander sidder weer om te dink dat hulle op die dag in die kollig gaan wees.

Hoe betrokke jou ma (en selfs jou skoonma) gaan wees by die reël en beplanning van die troue, sal afhang van ’n paar dinge:
a) Julle verhouding;
b) Haar ouderdom en gesondheid;
c) Jou ouderdom en gesondheid;
d) Hoe naby julle aan mekaar woon; en
e) Wie vir die troue betaal.

Omdat die bruid se ouers tradisioneel verantwoordelik was vir die betaal van die troue, voel baie ma’s vandag nog dat hulle verantwoordelik is daarvoor om die partytjie van die jaar te reël. Maar baie moderne paartjies betaal deesdae vir hulle eie troues en met al die idees op Pinterest en die internet, het jong bruide gewoonlik reeds ’n idee van wat hulle wil hê.

Dit is wel moontlik vir jou om jou droomtroue te hê én jou ma of skoonma te betrek, sonder dat julle op mekaar se tone trap. Dit kan vir elkeen van julle ’n ongelooflike, konfliklose ervaring wees. Jy moet net weet hoe om dit te benader. Hier is raad om jou ma deel te maak van die troue…

WEES EERLIK OOR HOE JY VOEL
Dit is julle dag en as jy van die begin af eerlik is oor hoe jy voel, sal dit toekomstige konflik uitskakel omdat almal dan weet waar hulle met mekaar staan. Wees ferm, maar moenie gevoelens seermaak nie.
Wenk: As jou ma ’n idee gee vir ’n mooi trourok, wys vir haar die idees wat jy versamel het en gee ’n rede hoekom daardie rok nie vir jou sal pas nie – wees taktvol en nie beledigend nie.

MAAK HAAR VERANTWOORDELIK VIR ’N SPESIFIEKE TAAK
Daar is niks wat iemand so spesiaal laat voel, as om te weet dat sy gekies is om iets te doen omdat niemand anders dit beter kan doen nie. Wanneer iemand verantwoordelik is vir ’n spesifieke taak, is die persoon ook geneig om daarop te fokus en ’n bietjie van die ander detail te vergeet. Besluit op een spesifieke aspek – soos byvoorbeeld die dankie-geskenkies, blomme, eetgoed, ensovoorts – wat jou ma kan reël en oor besluite neem. Laat dit dan haar verantwoordelikheid wees. Maak seker dat dit iets is waaroor jy nie streng voorkeure of afkeure het nie, sodat dit nie onnodig struwelinge veroorsaak nie.

GESELS OOR DIE GASTELYS
Onthou dat dit ook vir jou ouers ’n spoggeleentheid is en dat hulle dit ook met ’n paar spesiale mense wil deel. Hulle is ook die mense wat op die ou einde familie in die oë moet kyk na die tyd. Besluit hoeveel gaste julle wil nooi en gee dan vir hulle (en jou skoonouers) ’n sekere hoeveelheid gaste wat hulle kan nooi. Dis die regverdigste manier, veral as hulle ook finansieel gaan bydra. ’n Ander alternatief is dat jy en jou ma elkeen ’n gastelys opstel en dit dan met mekaar vergelyk. Probeer om mekaar tegemoet te kom waar moontlik sodat hierdie proses glad kan verloop.

VRA SOMS HAAR RAAD
Ma’s is mal daaroor om raad te gee, hand by te sit en te weet dat haar opinie soms ook tel. Probeer om nie net heeltyd haar idees af te skiet en jou eie kop te volg nie, maar eerder haar raad te vra oor klein goedjies of aspekte waaroor jy onseker voel. Dit sal die wêreld vir jou ma beteken en dalk is haar idee nog die een waaroor gaste nog lank na die tyd sal praat…

BESPREEK DIE BEGROTING MET HAAR AS HULLE BETAAL
As jou ouers vir die troue gaan betaal, is dit belangrik om die begroting met hulle te bespreek sodat hulle kan sien waarop die geld spandeer gaan word. Laat hulle ook dadelik weet as sekere items oor die begroting gaan en dink saam aan hoe en waar julle geld kan spaar om op te maak daarvoor.

STEL BELANG IN HAAR UITRUSTING
Jou ma wil ook graag mooi lyk op jou troudag. Maak tyd om saam met haar te gaan wanneer sy haar uitrusting gaan koop. Maak sommer ’n uitstappie daarvan, sodat dit ’n spesiale herinnering kan wees vir julle albei. Gee raad en gee vir haar komplimente wanneer sy iets aanhet wat mooi lyk. Jou ma hoef nie noodwendig in te skakel by die troue nie, maar moet tog inskakel by die troukleure omdat sy in baie van die foto’s gaan wees. Help haar om iets te kies wat sal werk en waarin sy gemaklik sal voel.

SȆ DANKIE
’n Klein dankie-geskenkie of blomme op die dag van jou troue, sal jou ma baie spesiaal en geliefd laat voel. Wys vir haar hoe baie jy haar waardeer en hoeveel haar hulp vir jou beteken.

Hoe jy jou ma en die situasie benader, sal ’n groot invloed hê op hoe hierdie spesiale tyd in jou lewe gaan verloop – so wees slim en behandel haar met die nodige respek.

 

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?


Foto: Fenwick

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA