ʼn Kunswerk is presies wat Bronwyn Katzke, van Bronwyn Katzke Photography reggekry het, tydens ʼn gestileerde fotosessie, by Cabbage en Rose Country Estate. Die fotosessie is geïnspireer is deur die Nederlandse Goue Eeu.

Met die mooiste kombinasie van kleure en blomme, laat die foto’s jou voel asof jy deel van ʼn Willem van Alest skildery in die 17de eeu is. Bronwyn Katzke vertel ons meer oor hoe hulle die fotosessie gestileer het om die foto’s soos ʼn kunswerk te laat lyk.

WAT WAS DIE STYL EN GEVOEL VAN DIE FOTOSESSIE EN WATTER ATMOSFEER HET JULLE GESKEP?
“Die Nederlandse Goue Eeu van kunswerk, is anders as enige ander barok-eweknieë. Met sy unieke onderwerpe, kleure en beligting was dit ons primêre bron van inspirasie vir die gestileerde fotosessie. Ons wou ʼn fotosessie doen wat vars en modern is, maar tog nogsteeds eer betoon aan die Nederlandse meesters van ouds.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM HET JULLE BESLUIT OP DIE KOMBINASIE?
“Geïnspireer deur die sterk gebruik van blou en geel-kleure deur Nederlandse meester, Johannes Vermeer, het ons die kontrasterende skakerings van oranje, groen en burgundy gebruik, wat net so gewild was in skilderye van daardie tydperk. Hierdie kleurskema het gelei tot die tema van sterk blomelemente, as ʼn verwysing na daardie beeldskone stillewe kunswerk, wat ikonies is van die tydperk in kuns geskiedenis.”

HOEKOM HET JULLE OP DIE SPESIFIEKE TEMA BESLUIT EN VIR WATTER TIPE TROUE SAL DIT GEPAS WEES?
“Dit is gepas vir ʼn bruid wat lief is vir detail en dramatiese, donker en dapper style. Hierdie gestileerde fotosessie gaan gepaard met die ligte, film voorkoms, wat so gewild is by troues deesdae. Ons wou aan bruide wys dat dit nie nodig is om by een kleur te hou nie, maar ʼn mens kan die idee van antieke styl op ʼn hele nuwe manier benader en ’n kunswerk van jou troue maak.”

WATTER KLEURE EN TEMAS IS HUIDIGLIK TROUTENDENSE WAT IN DIE FOTOSESSIE GESIEN KAN WORD?
“Die stom kleurpalette met ligte, blooskleurige skakerings, wat so gewild was, maak nou plek vir die tipe, donkerder en dapper skakerings. Dit is definitief tendense wat in die fotosessie sigbaar is. Die groot blomme rangskikkings is nog ʼn tendens wat oorgeneem het by die gebruik van minimalistiese groenigheid.”

HOEKOM HET JULLE OP DIE SPESIFIEKE DEKOR EN BLOMME BESLUIT?
“Ons was geïnspireer deur die Nederlandse stillewe skilderye van die 17de eeu, spesifiek die kunswerk van Willem van Alest en Rachel Ruysch. Die gekurfde stamme wat uitwaarts swaai, dapper kleure en verskeidenheid teksture, met die keuses van blomme wat reusagtig rangskik word. Ons het nog outydse elemente ingebring met antieke stilering en dit gebalanseer met moderne stilering van die 21ste eeu.”

WATTER TIPE DANKIEGESKENKE IS GEWILD DEESDAE EN HOEKOM?
“Iets eetbaars is defnitief die mees gewildste, soos tuisgemaakte lekkernye wat gaste kan huistoe neem en geniet… kunswerk uit die kombuis. Dit sluit in biltong tot fynproewer lekkernye, wat gewoonlik self deur die bruidspaar gemaak word, om koste-effektief te wees, maar ook iets met hulle eie vingerafdruk op te gee.”

WATTER RAAD HET JULLE VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Waag dit om anders te wees en basta met tendense! Jy hoef nie met ʼn antieke styl, proteas en wat ookal anders jy by troues sien, te gaan vir jou eie troue nie. Ek sal aan bruide voorstel om elemente wat hulle en hulle geliefde se liefde, belangstellings en stokperdjies weerspieël te inkorporeer op hulle troudag, elemente wat werklik JY is!”

Bronwyn Katzke het die Nederlandse Goue Eeu se mooiste elemente, kombinasie van donker en dapper kleure en reusagtige groot blomme gebruik om ʼn gestileerde fotosessie, nes ʼn kunswerk uit die tydperk te laat lyk! Hoe wonderlik is dit nie dat haar oog vir kuns en kleure vir ons in foto’s vasgevang kon word.

 

DIENSVERSKAFFERS
Venue, dekor en troukoek: Cabbage & Rose Country Estate
Blomme: Blomster deur Michelle Erichsen
Skryfbehoeftes: Purple August Design Studio
Fotograaf: Bronwyn Katzke Photography
Trourok: Verlief
Hare: Hair & Beauty Story
Grimering: Reinette van Dyk Makeup Artistry

Artikel: An-Sophie Jonker

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA