Loriska Bubb, een van die lede van die bekende meisiesgroep, MWAH!, het onlangs trou beloof aan die liefde van haar lewe. Sy vertel meer oor haar spesiale dag.

Erwin en Loriska het mekaar by ’n braai ontmoet en sy was dadelik aangetrokke tot hierdie lang atletiese man, met sy mooi hande en interessante persoonlikheid.

Nadat hy die groot vraag op ’n Maandag gevra het, tydens ’n romantiese ete wat hy self gemaak het, het hulle begin beplan om te trou en hulle spesiale dag was alles wat hulle wou hê en meer.

Loriska verklap meer oor die reëlings en beplanning agter hulle groot dag.

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JOU TROUE?

“Groen, wit, swart en goud… warm. Ons wou graag ’n warm en moderne atmosfeer skep. Ons hou beide baie van hout en minimalisme. Ons het gegaan met groenigheid op die tafels, baie kerse en glas vir die moderne afronding. Hier het my bruidegom my vrye teuels gegee. Gelukkig is ons smaak baie dieselfde.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JY GRAAG SKEP?

“Gesellig en gemaklik, maar tog stylvol, klassiek en tydloos.”

BESKRYF JULLE GROOT DAG?

“Dit was vir beide van ons ’n baie emosionele dag. Ons het ons beloftes aan mekaar voor God en almal teenwoordig afgelê. Die belangrikste aspek van die dag vir beide van ons was die kerkdiens. Ons het nagmaal gebruik om eenheid met God en mekaar te simboliseer en na die diens die kerkklok trots gelui. Die res van die aand, het ons met dankbare harte saam naby vriende en familie gekuier. Die troue was klein en intiem, oor die Covid-regulasies, maar ons sou dit nie anders wou gehad het nie.”

HET DAAR IETS INTERESSANT OP DIE DAG GEBEUR?

“Ek en my pa het ’n spesiale medley gedoen wat die liedjies I Loved Her First, Take Good Care Of My Baby en Sweet Child Of Mine ingesluit het. Ek is inderdaad ’n daddy’s girl ons het ’n spesiale verhouding en kon sommer met een dans alles vasvang.”

WAT IS JOU RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?

“Vra vir jou strooimeisies om jou gereeld op die dag te herinner om alles in te neem. Dit gaan so vinnig verby.”

DIENSVERSKAFFERS:

Plek, koördinering, spyseniering, dekor, blomme: L’Aquila Country Estate

Troukoek: Nanette Bester, 083 142 3614

Strooimeisierokke: YDE

Skryfbehoeftes: Piekfijn Ontwerp

Gastebord: Pete Mascher

Fotograaf: Eben Liebenberg van Photoelements

Videograaf: Backtrack Sports

Musiek: AMA Promotions

Trourok: Enzoani van Whimsical Bridal, Centurion

Hare: Nic Tosen Designs

Grimering: Rosa-Lea Make-Up Artistry

Bruidegom se uitrusting: Fabiani, Brooklyn

Huweliksbevestiging: Deon du Toit

Ringe: Franchan Diamonds

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA