Francois en Michelle het nou wel nie ’n romantiese eerste ontmoeting gehad nie, maar hulle troue was soos die elegante feëverhaal wat hulle liefdesstorie is.
—————————————————————————————————————–
Kom kuier saam met ons by Troukoors se eksklusiewe werkswinkel op 18 Junie 2016 by Morgenzon in Pretoria
en staan ’n kans om ongeveer R100 000 se pryse vir jou troue te wen!
Kaartjies kos R200 per persoon (beperkte hoeveelheid beskikbaar). Kliek hier vir meer inligting.
Foto geneem deur Adene Photography
——————————————————————————————————————
Francois en Michelle het mekaar vir die eerste keer in die gym ontmoet en het jare gewag vir hulle romantiese troue, maar dit was beslis die moeite werd en hulle dag was net so gelukkig soos wat hulle is.
Nadat hulle verloof geraak het, het hulle besluit om oor die troue te bid. Hulle wou seker maak dat hulle die regte dag en plek kies om hulle liefde aan mekaar te beloof. Avianto het van die begin af hulle harte gesteel en was die enigste plek waarna hulle gaan kyk het, maar die datum was steeds onseker omdat hulle nie regtig die finansies gehad het vir ’n spogtroue nie. Hulle was twee en ’n half jaar verloof, voordat hulle op baie kort kennisgewing getrou het. Hulle het letterlik hulle troue in ’n week beplan, nadat ’n vriend uit Natal vir hulle laat weet het dat hy ’n boodskap gekry het dat hulle op 15 Desember 2015 moet trou, en dit was ’n reuse sukses. Hulle het absoluut geglo dat dit die Here se wil is en dat hy sal voorsien… want hulle het nie fondse gehad toe hulle begin beplan het nie… en Hy het, want op die 11de is daar genoeg geld in hulle rekening inbetaal om vir die troue te betaal.
Hulle het besluit op lemmetjiegroen en grys as kleurskema. “Die troue gaan nie net oor julle nie, maar ook oor die gaste. Ons wou ’n prettige atmosfeer skep en daar was rusbanke en musikante om die gaste te vermaak,” sê Michelle.
Michelle meen dat bruide nie nodig het om ’n jaar voor die tyd te begin beplan aan hulle troue nie, want ’n mens verander so baie van opinie dat dit jou net deurmekaar maak. “Ek sê nie beplan dit op sulke kortkennisgewing soos ons nie, maar dit is heeltemal moontlik om dit binne ’n week te doen. Moenie stres oor die klein dingetjies of vergeet waaroor die dag regtig gaan nie – julle belofte aan mekaar voor God en getuies.”
DIENSVERSKAFFERS
Venue: Avianto
Blomme, dekor en skryfbehoeftes: Event Inspirations
Foto’s: Dominique van Hello Love Photography
Vermaak: CH2
Rok: Olivelli
Hare en grimering: Mariska Scheepers
Bruidegom se klere: Eurosuit Rosebank