troue
Jou troue is beslis ’n weerspieëling van wie jy en jou aanstaande is en moet daarom gevul wees met elemente waarmee gaste julle sal vereenselwig. Hier is raad om ’n troue te beplan wat perfek by julle pas.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


Dit is julle troue en daarom moet dit wat vir die groot dag beplan word, beslis pas by wie en wat julle is. Dit is belangrik om ’n tema en kleurskema te kies en daarby te hou, sodat al die ander elemente soomloos daarby kan inskakel. Maar hoe besluit ’n mens op ’n styl vir ’n dag wat by julle albei gaan pas? Lees verder om uit te vind.

DROOM GROOT
Wanneer julle begin troue beplan, kan julle eers ’n bietjie droom – sonder om op hierdie stadium aan kostes te dink. Dit is waar jou inspirasie vandaan gaan kom, so gee jou drome vrye teuels. Wat sien jy? Hoe moet julle perfekte dag lyk?
* Hoeveel gaste gaan daar wees?
* Gaan dit binne of buite wees?
* Gaan dit naby jou huis of in ’n ander provinsie wees?
* Wat gaan die styl wees – modern, klassiek, vintage, ens?
* Watter seisoen gaan die beste werk?
* Hierdie fase sal jou help om baie belangrike besluite te neem oor julle mooiste dag.

VERSAMEL INSPIRASIE
Noudat julle ’n idee het van wat julle wil en nie wil hê nie, kan jy tydskrifte, die internet en sosiale media gebruik om vir jou idees vlerke te gee. Daar is letterlik duisende bronne beskikbaar en Pinterest is natuurlik die voorloper van hierdie proses. Gee aandag aan detail en hou alles bymekaar, sodat jy kan sien of dit bymekaar gaan pas om jou troue onvergeetlik te maak.

BESLUIT OP DIE ATMOSFEER
Soek jy ’n spoggerige, formele troue of iets meer gemaklik? Dit is baie belangrik omdat die keuses wat jy vir jou dekor, trouklere en kos gaan maak, hiervan afhang. Piekniekkos sal byvoorbeeld nie werk vir ’n formele aansitete nie, terwyl kandelare nie gaan pas by jou strandtroue nie. Maak seker dat hierdie besluit van die begin af in plek is.

KIES JOU KLEURE
Die kleure wat jy kies, gaan faktore bepaal soos skryfbehoeftes, die kleur van jou gevolg se uitrustings en ook die dekor van die tafels op jou troue. Dit is altyd goed om drie kleure te kies en dit dan op verskeie maniere te kombineer. Kies ’n basiskleur en kry dan ’n kleurwiel om jou te help om ander kleure te kies wat dit komplementeer. Dra ook altyd materiaalmonsters saam met jou – sodat jy seker maak dat jy altyd die regte kleur kies wanneer jy gaan inkopies doen – want dit kan chaos veroorsaak as jou kleure nie dieselfde is nie.

LAAT ELEMENTE BY MEKAAR PAS
As julle ’n logo of patroon gekies het vir julle hou-die-datum-oop-kaartjies en trou-uitnodigings, maak seker dat dit deurgans herhaal word op jou skryfbehoeftes en dekor, om al die elemente van julle troue mooi saam te bind.

KIES ’N TEMA WAT PAS
Maak seker dat die tema van jou troue by die res van die elemente pas. ’n Great Gatsby-tema sal byvoorbeeld nie werk vir ’n woudtroue nie, terwyl kruisbande en hooibale minder geskik sal wees vir ’n troue met ’n elegante, klassieke styl in ’n hotel.

Maak seker dat dit wat julle vir julle troue beplan, iets van julle albei se persoonlikhede weergee en dat beide van julle mal is oor julle keuses. Dit is immers ’n dag wat julle vir altyd gaan onthou.

Foto: Botanical PaperWorks

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA