geskenkidees vir skoonfamilie1
Dis jou eerste Kersfees met dieselfde van as jou skoonfamilie en dit is daarom ’n goeie idee om bietjie ekstra moeite te doen wanneer jy jou Kersinkopies doen. Hier is ’n paar oulike geskenkidees van yuppiechef.com

Dit is altyd moeilik om die perfekte Kersgeskenk te kies vir iemand anders, wat nog te sê van jou nuwe skoonfamilie. Hier is ’n paar oulike idees, wat selfs die moeilikste skoonma sal beïndruk.

SKOONMA OF SKOONSUSSIE
WONDERBAG HEAT RETAINING SLOW COOKER, R399
Wys sommer uit die staanspoor dat jy glo aan ’n ekonomiese huishouding deur vir jou skoonma of skoonsus een van hierdie oulike apparate te gee… veral as hulle baie spaarsamig is. Die Wonderbag is het spesiale insulasie-eienskappe wat kos, wat tot kookpunt verhit is, verder kan gaarmaak sonder om elektrisiteit of tyd te mors. Hierdie oulike uitvindsel sal nie net krag bespaar nie, maar ook tyd en moeite, aangesien dit op sy eie aan aangaan sonder dat die kos heeltyd geroer of dopgehou hoef te word. Dit kom ook met ’n oulike resepteboek wat ’n bonus is.

LE CREUSET STONEWARE MINI ROUND COCOTTE, R330
Hierdie oulike klein bakkies (wat soos klein potjies lyk) is die ideale geskenk vir jou skoonma, wat net vir twee kosmaak, of vir jou skoonsus wat hou van onthaal en individuele geregte wil voorsit. Dit is elegant, pragtig en prakties en sal jou beslis in hulle goeie boekies plaas met jou oulike keuse.

DIABLO JAFFLE IRON, R319
Die meeste mense hou van jaffles, maar dit vat soms so lank dat niemand dit meer maak nie. Gee ’n geskenk wat maklik en vinnig is om te gebruik… en jou skoonma of skoonsus sal vul met bietjie nostalgie. Hierdie toestel kan op ’n gas-, keramiek- of elektriese stoof gebruik word en maak die lekkerste skeppings waaraan jy kan dink. Dit het ook ’n kleefvrye basis om te verseker dat die brood nie vassit nie. ’n Oulike resepteboekie, met heerlike idees, rond die geskenk perfek af.

LE CREUSET HERITAGE STONEWARE RECTANGULAR BAKING DISH WITH LID, R850
Elke vrou hou van ’n praktiese en elegante oondbak, wat kos nie net heerlik voorberei nie, maar waarin sy dit ook kan bedien. Hierdie vierkantige bak, met deksel is ’n veilige en duursame keuse, waarvoor jou skoonma of skoonsus nog lank gaan dankbaar wees.

geskenkidees vir skoonfamilie 2

SKOONPA OF SWAER
RIEDEL STEMLESS RED & WHITE WINE GLASSES, R987
Hierdie stel glase is nie net pragtig nie, maar ook uniek en sal pragtig vertoon in jou skoonpa of swaer se kroeg. Die wynglase het nie stele wat kan afbreek nie en elke stel sluit rooi- en witwynglase in. Die bonus is dat dit skottelgoedwasservriendelik is en jy daarom ekstra punte in jou skoonma se goeie boekies ook sal kry met hierdie geskenk.
As jy nou bestel, kry jy 8 glase vir die prys van 6!

CORKPOPS WINE BOTTLE OPENER, R499
Niemand hou daarvan om te sukkel om bottels oop te maak nie, daarom is hierdie geskenk ’n oulike en praktiese een vir jou swaer of skoonpa. Om ’n bottel oop te maak, sonder dat die kurk breek en dat dit ure vat, was nog nooit so maklik nie. It’s the quickest, easiest way to open a bottle of wine, and that can never be a bad thing.

MELLERWARE BILTONG KING AND FOOD DEHYDRATOR, R430
As jou nuwe skoonpa of swaer hou van jag, sal jy beslis gewild wees as jy hierdie oulike geskenk kies. Dit is’n heerlike toestel om te hê as jy iemand is wat daarvan hou om jou eie biltong te maak wanneer jy dit nodig het. Dit is ook ideaal om gedroogte vrugte en ander items te maak en ’n belegging in jou toekomstige skoonfamilie-vrede en –vreugde.

KINDERS
ZOKU SLUSH & SHAKE MAKER, R279
As jy die skoonfamilie se kinders aan jou kant het, is die stryd reeds halpad gewonne. Wees ’n oulike tannie en bederf hulle met Zoku Slush & Shake Maker om hulle koel en ‘soet’ te hou hierdie somer. Hierdie oulike uitvindsel is maklik en vinnig om te gebruik en maak alles van yskouse slushies en melkskommels tot gesonde vrugte smoothies. Dit kan in die vrieskas gebêre word sodat dit altyd reg is om te gebruik.

geskenkidees vir skoonfamilie3
Al hierdie oulike produkte en meer is aanlyn beskikbaar op Yuppiechef se webblad.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA