Papierblomme is die perfekte oplossing as jy nie kans sien om ʼn appel en ʼn ui te betaal vir die blomme op jou troue nie en ook om die moontlikheid van verlepte blomme te voorkom.

Papierblomme is ʼn nuwe dekortendens wat groot aftrek kry. Minnette Badenhorst van Paper Envy spesialiseer in die maak van papierblomme en deel graag met ons hoe hulle te werk gaan.

VIR WATTER GELEENTHEDE MAAK JULLE PAPIERBLOMME?
Ons kan vir enige geleentheid papierblomme maak. Dit kan dien as dekor vir troues en ʼn kombuistee. Dit is ook baie gewild vir kinderkamers.

VIR WATTER TIPE DEKOR KAN PAPIERBLOMME GEBRUIK WORD?
Die papierblomme word gebruik as ruikers of vir die middelpunte van tafels, agter of op die bruidstafel of nagereg tafel. Een van my gunstelinge is om papierblomme te maak vir ʼn prettige fotohoekie. Dit maak baie oulike foto’s!

NOG VOORBEELDE WAARVOOR BLOMME GEBRUIK WORD SLUIT IN:
• Versiering om spieëls
• Op fotorame
• Blommekranse
• Op troukoeke
• Versiering vir groot hoepels

WAT MAAK JOU PAPIERBLOMME SO UNIEK?
Ek maak elke blom en stel self, so daar gaan ure se liefde en aandag in elke stuk in. Al die blomme is ook spesiaal en uniek gemaak na die klient se smaak. Ek doen dit volgens die kliënt se smaak, kleurskema en tema. My papierblomme is baie veelsydig en kan dus vir baie verskillende geleenthede weer gebruik word. Dit hou ook lank en kan maklik herbruik word.

Wenk…
As jy besluit op hierdie unieke idee van dekor vir ʼn geleentheid, hou in gedagte ʼn ander geleentheid of ʼn ander doel wat jy dit voor kan gebruik na die tyd. Dink ten opsigte van allerlei temas en kleure wat jy gereeld wil gebruik.

Artikel: An-Sophie Jonker

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA