Pasgetroudes wat besig is om nes te skop hoef nie te sukkel nie. Nou is daar ’n toepassing wat jou help om sommer gou klaar te speel met opknapwerk en krisisse.

Trou is al klaar ’n aanpassing. Moenie dat julle nuwe nessie julle ook nog onderkry met al die opknappingswerkies wat gedoen moet word nie. Homefixer help pasgetroudes en ou getroudes om enige probleem en uitdaging met hulle nuwe huis sommer tjoef-tjaf uit te sorteer en huismoles te voorkom.

An-Sophie Lourens het gaan uitvind hoe pasgetroudes hierby kan baat:

WAT IS HOMEFIXER?
Die toepassing is spesiaal vir pasgetroudes wat hulle nuwe plekkie wil mooi maak, maar nie weet wie om te nader om hulle te help nie. Hierdie nuwe uitvindsel is baie gebruikersvriendelik en gebruik basies jou ligging om die naaste diensverskaffers wat jy soek in jou area op te spoor. Jy kan ook in een van die agtien kategorieë gaan rondsnuffel as jy onseker is oor wie jy almal gaan nodigkry en kan dan ook sommer sien wat ander gebruikers van elke verskaffer se diens gedink het. As daar dalk ’n waterpyp bars, sal dit jou ook help om die beste loodgieter op te spoor.

OOR DIE TOEP…
Homefixer is stap-vir-stap die ontwikkel deur middel van behoorlike marknavorsing gedoen. Na twee maande is die eerste weergawe bekendgestel.

Die nuutste weergawe van die toep is pas vrygestel en dit is topklas! Daarop kan jy eksklusiewe winskopies van Hirsch’s kry wat slegs beskikbaar is vir mense wat die toep het en gebruik. Geen verskonings meer om die beste produkte vir jou nuwe nessie aan te koop nie. Hierdie toep is effektief en maklik om te gebruik vir die kliënt en die verskaffer… en perfek vir pasgetroudes wat besig is om huis op te sit.

OOR DIE EIENAAR…
Die stigter en eienaar van die briljante besigheid en toep, Homefixer, is ʼn Suid-Afrikaner, profesionele rugby speler en entrepeneur, Renaldo Bothma. Renaldo is tans geteken by die Harlequins en is ook kaptein vir Namibië se nasionale span. Hy bestuur hierdie besigheid suksesvol saam met sy sportloopbaan, ʼn fantastiese, hardwerkende en profesionele kombinasie.

Renaldo het aan die idee van Homefixer gekom toe hy self in 2016 sy eie huis opgeknap het en ʼn paar toestelle moes regmaak. Hy het besef hoe moeilik dit is om betroubare diensverskaffers met redelike kwotasies te kry. Sy frustrasie met die bedryf het vergroot toe hy besef hoeveel onbekende, klein, betroubare, talentvolle besighede daar is wat met groot graagte en baie redelike pryse die werkies in sy huis kon doen. Sy kreatiwiteit het hom gedryf om die gaping te vul. Die naam Homefixer sê presies wat dit mense in staat stel om te kan doen.

Niks meer slapelose nagte en seer tone oor toestelle wat nie wil werk nie. Julle kan nou as pasgetroudes in julle nuwe nessie in wals sonder enige probleme, alles te danke aan Homefixer. Laai sommer nou die toep af en begin reg maak wat gebreek is!

Die Toep kan gratis afgelaai word in App Store of direk van die webblad af.

Foto’s van Renaldo: Yolandi Jacobsz – Loci Photography

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA