pinterest
Pinterest is die eerste plek waar ’n bruid gaan soek wanneer die groot vraag gevra is, en jy kan maar seker wees dat ’n nuwe bord ook op Pinterest geskep gaan word – daar is net soveel idees dat die moeilik is om te glo dat jy net een keer gaan trou.
ERWS-BANNER-20-96x14

Pinterest is die plek waar elke toekomstige bruid begin met haar soektog na die perfekte rok, tema, dekor, kleurskema, blommemeisierokke ensovoorts. Alles word noukeurig op Pinterest  uitgelê en vasgevang sodat jy dadelik vir iemand kan wys hoe jou idees lyk.

Maar Pinterest is nie altyd so ’n goeie ‘vriendin’ nie, soms herinner dit jou aan ekstra goedjies, wat nie regtig nodig is of in die begroting gereken is nie. Al jou pins is van idees wat nie net mooi en oulik is nie, maar ook uniek is en elke bruid wil mos uniek wees. Jy kan ongelukkig nie alles doen nie, al wil jy. Nie net omdat jy net een mens is nie, maar ook omdat jy nie wil hê jou troue moet soos ’n hot mess lyk nie.

Hoe besluit jy dan op die einde wat om te los en wat om te doen? Hier is maklike stappe om te volg om te verseker dat jy nie in die rooi kloue van Pinterest beland nie:

KYK NA JOU TEMA
Soms gaan ’n pin net nie werk nie, bloot oor die rede dat dit nie saam met jou tema gaan nie. Moenie oor jou tema begin huiwer nie, as die pin nie aangepas kan word om by jou tema te pas nie, sal jy ongelukkig die moeilike besluit moet neem om die idee uit te gooi. Die beste manier is om dit eerder te doen, want om elke keer in hom vas te kyk gaan ook nie werk nie. Jy gaan skuldgevoelens ontwikkel en jouself naderhand daarvan oortuig dat jy dit sal kan laat werk.

TYD-TYD-TYD
Soms kom jy net te laat op die oulikste pin af en dan voel jy net dat jy dit deel moet maak van jou troue. Kyk eers of jy genoeg tyd het om die idee uit te voer. As jy nie kan nie, of jy kry nie ’n diensverskaffers wat dit in daardie tyd kan klaarmaak nie, maak vrede daarmee en gaan aan. Dit is hoekom dit altyd ’n goeie idee is om twee maande voor jou troue van Pinterest af weg te bly. Delete die app as jy moet! Gebruik hom net as jy laaste minuut idees soek van iets wat jy vergeet het of wil verbeter en nie om nog goed by te voeg nie

LEGKAART WAT NIE PAS NIE
’n Legkaart het ’n sekere aantal stukke om hom te voltooi, elke stuk pas in by die volgende een en saam maak dit een groot prentjie. Wanneer jy ’n idee pin, vra jou self eers of dit sal bydra tot julle groot dag op so ’n manier dat dit die legkaart voltooi of, gaan dit op die ou einde lyk soos iets wat jy saam geslaan het. Bou dan eerder ’n legkaart met minder stukke as wat jy te groot gaan, jouself ooreis, en die legkaart nie pas of voltooi word nie.
 
Pinterest kan jou beste vriend wees, mits jy weet hoe om dit te gebruik!

Artikel: Christell du Preez van The Peachy Peony
Foto: Screen shot

——————————————————————————————
Daar is slegs 1 week oor om DIE TROUBOEK by ons te koop! Maak sommer nou dadelik ‘n aantekening in jou dagboek om jou boekie en tydskrif voor einde Julie 2016 by ons te bestel (betroubare posdiens word gebruik). Spaar boonop R44.90 as jy albei neem! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA