Plaastroues kan baie gemaklik of elegant wees. Christell du Preez van The Peachy Peony deel ’n paar mooi idees vir hierdie tema, wat ons op Pinterest raakgeloop het.

Plaastroues is nou wel nie die in ding vir 2017 nie, maar hoe gemaak as jy steeds van die tema hou? Hier is vyf oulike idees om plaastroues te laat werk.

HOUT
Hout is ’n onontbeerlike element wanneer dit by plaastroues kom. Linne werk nie juis vir hierdie soort troue nie en jy sal tipies meer naakte houttafels sien. Hout skryfborde, -vate en -kratte is ook oulike dekoritems om in te sluit. Versag altyd jou hout-items met blare (wat tans baie gewild is) en blomme.

EKSTRAS
Plaastroues laat jou toe om ekstras in te sluit. Afhangende van die seisoen kan jy ’n tafel oprig vir warmsjokolade of verskillende tuisgebakte brode met konfyte en smere. ’n Tuisgemaakte bierkroeg of maak-jou-eie-mengeldrankie-stasie is ook ’n oulike idee.


DEKOR
Gebruik antieke meubelstukke om die eetgerei op te dek, of ou deure om julle spyskaart op te skryf. Vra vir jou ouma om ’n mooi lappie te hekel of maak aanwysings uit houtborde. Jou dekor en detail is wat die meeste gaste van ’n troue onthou, asook die kos!


VAN DIE DAK AF
Gewoonlik vind plaastroues in ’n skuur plaas en daarom kan jy met die dak speel. Moenie die mooi rustieke dak toemaak nie. Hang eerder blomme of takke uit die dak.


DANKIEGESKENKE
Met plaastroues het jy soveel opsies vir dankiegeskenke, soos die oulike voorbeelde hieronder, so raak kreatief.


Vir nog oulike plaastroue-idees, volg ons op Pinterest.

Hooffoto: Burnett’s Boards
Foto’s: Style Me Pretty, Wedding Chicks, Deer Pearl Flowers, Honest Cooking, Cute Wedding Ideas, Junebug Weddings, Shauna Veasey Photography, Paper & Lace, My Hotel Wedding

PTA SHOW BANNER

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA