plaastroues
Plaastroues is nou al vir seisoene lank gewild en een van die temas wat deesdae die meeste in Suid-Afrika gebruik word. Christell du Preez van The Peachy Peony het gaan kyk na nuwe idees om hierdie tema vir jou troue te laat werk.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Jy wil graag ’n troue met ’n plaastema hê, want jy is mal oor die idee van jou groot dag in ’n skuur. Hier is ’n paar vars idees om gewone plaastroues mee op te kikker.

1. Gee vir jou gaste iets om te drink na die seremonie en sit dit voor in ’n hout beesvoerkrip met ys in. Plaastroues laat ruimte vir jou om plaastoerusting op ’n klassieke manier voor te sit.
2. Gebruik hooibale as banke of selfs as stoele by jou tafels om jou troue te laat inskakel by kreatiewe plaastroues regoor die land.
3. Plaastroues se skuurkleure pas mooi by donker kleure soos marsala of wynrooi – so sit ’n titseltjie styl by met ’n bietjie kleur.
4. Konfetti-sakkies is besig om ’n groot gier te word. Plaastroues werk altyd goed saam met natuurlike produkte soos roosblare.

plaastroues_1

5. Gebruik blomboograngskikkings as fokuspunte om jou plaastema mooi af te rond en kleur in te bring.
6. Die Amrikaners is so mal oor hulle S’Mores, vat iets wat eie is aan Suid-Afrika en maak ’n eetstasie daarvan. Dit is nogal ’n gewilde tendens wanneer dit by plaastroues kom.
7. Gebruik baie liggies om donker plekke op te helder en ’n feesgevoel te skep.
8. Uit met strikdasse en kruisbande, onderbaadjies is nou in vir plaastroues!

Plaastroues hoef nie almal dieselfde te lyk nie – met ’n bietjie verbeelding kan jy die klassieke en rustieke perfek meng en pas om jou gaste se asems weg te slaan op julle groot dag.

Foto’s: Burnette’s Boards, Wedbook, Country Living, Emilie Anne Photography, Etsy, Style Me Pretty, MOD Wedding, Cacao Channel, Love My Dress

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA