regte troue
Hierdie regte troue is oor ’n langafstand gereël, maar die paartjie het dit steeds reggekry om die mooiste dag te skep. Gina van Staden het gaan ondersoek instel om uit te vind hoe hulle dit reggekry het.

regte troue_1

Hierdie natuurlike woestynroosgroen, jade en hessian troue is oor ’n lang afstand gereël, maar daar was geen tekort by Stephan en Joané se klassieke en stylvolle regte troue nie. Joané vertel ons meer van hulle spesiale dag.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Ons het in Pretoria deur ’n gemeenskaplike vriend ontmoet, toe Stephan ingestem het om ons te help trek. Hy net nog laat opgedaag ook en my eerste woorde aan hom was: “Dis nou ’n goeie tyd om hier aan te kom.” Ons vriendskap het oor die volgende jaar gevorm en toe hy my as metgesel na ’n kollega se troue toe genooi het, het die liefde begin blom.”

HOE HET JULLE GEWEET DAT JULLE VIR MEKAAR BEDOEL IS?
“Na sy kollega se troue was ons vir twee jaar lank in ’n verhouding. Ons het net besef dat ons mekaar aanvul. Ek is die ekstrovert en hy die introvert. Ons leer baie by mekaar en het ook baie in gemeen.”

HOE HET HY JOU DIE JA-WOORD GEVRA?
“Stephan moes ’n konferensie in Italië bywoon en dit het sommer dubbeldoel gedien as ’n vakansie ook. Ons was in Rome by die Koloseum, en al die geraas van die toeriste het stil geraak toe hy sy toespraak aan my begin lewer het. Al het ons altwee so gebewe dat hy gesukkel het om die ring aan my vinger te kry, was hy nogsteeds koelkop genoeg om dit op sy selfoon op te neem. Ons het hierna aan ons langafstand troue begin reël.”

regte troue_2

VERTEL ONS MEER VAN DIE LANGAFSTAND TROUBEPLANNING?
“Ons het ongeveer ’n jaar gehad om ons troue te reël en het dit vanuit Cambridge gedoen, so alles was deur e-posse gereël. Ek het baie staatgemaak op webwerwe soos Pinterest en Troukoors. Ons prioriteite was eerstens om ’n maand te kies waartydens ons altwee beskikbaar was en dan die venue daarvolgens, tweedens die fotograaf en derdens ons uitrustings, ringe en die koek. Ons is gelukkig om ’n dominee as vriend te hê, wat die seremonie vir ons behartig het.”

HOE HET JULLE DIE TROUTAKE GEDELEGEER?
“Omdat ons nie self kon nie, het ons strooimeisies en vriende gehelp om die uitnodigings vir ons gaste te gee. Ons strooijonker en sy ma het gaan koekproe vir ons by verskillende plekke en my skoonsus het die aankoop van die kerse behartig.”
WAT WAS EKSTRA SPESIAAL VAN JULLE REGTE TROUE?
“My ma het woestynrosies vir ons gekweek en my skoonma het my trourok gemaak. Een van my goeie vriendinne het vir ons ’n solo as trougeskenk gesing. Ek het nog altyd gedroom van ’n troue in die natuur, so ons seremonie is in ’n mensgemaakde woud gehou.”

Baie bruide dink dat langafstand troureëlings net te uitdagend is, maar met goeie beplanning en rotsvas ondersteuning van familie en vriende kan hierdie dag nét so seepglad verloop soos ’n paartjie se regte troue wat plaaslik gereël is.

regte troue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördinering, spyseniering en drankies: Lavandou Wedding and Events Venue
Blomme en dekor: Freshlook Sanja
Skryfbehoeftes: Appelifi
Troukoek: Baker Boys
Fotograaf: Hanri Human Photographer
Musiek: Marchelle Delport
Vermaak: Lawn Games
Hare en grimering: Tyalah Moller
Bruidegom se uitrusting: Big Man Outfitters en Blacktie

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemmings.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA